Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Homely Elphinstone Accommodation

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elphinstone-laan 19, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Homely Elphinstone Accommodation bied sentrale, rustige en privaat verblyf aan sakereisigers of vakansiegangers in Blouberg. Die eiendom is 1,7 km vanaf 'n gewilde sweefski-strand en baie naby 2 winkelsentrums met koffiewinkels, wasserye, restaurante en flieks. Die middestad en Tafelberg is net 20 km ver.

Verblyf word in 'n gastekamer in die hoofhuis en 'n selfsorgwoonstel aangebied.

Die gastekamer in die hoofhuis bied slaapplek aan 1 gas en het 'n dubbelbed, yskassie en 'n lessenaar met 'n stoel. 'n Verskeidenheid boeke is beskikbaar om te lees. Die kamer het eksklusiewe gebruik van 'n badkamer met 'n instapstort, toilet en 'n wasbak. Gaste wat in die gastekamer bly is welkom om van die hoofhuis se kombuis, sitarea en eetarea gebruik te maak.

Die selfsorgwoonstel bied slaapplek aan 6 gaste, verkieslik 4 volwassenes en 2 kinders (in die leefarea op 2 slaapbanke). Dit beskik oor 'n slaapkamer, 'n solderkamer op 'n tussenvlak, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Die boonste solderkamer het ook 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n toilet, wasbak en 'n bidet. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskassie, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Die sitarea het 2 gemaklike slaapbanke, 'n kaggel, lugversorging en 'n slim-TV met Netflix. Daar is ook 'n lessenaar en kluis. Vir gaste wat werk op reis is daar ook 'n groot lessenaar met laaie. Die woonstel het 'n skuifdeur wat na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en ingeboude braai lei.

Die gastekamer en selfsorgwoonstel het vinnige, onbeperkte veselinternet met 'n UPS wat sowat 3 ure sal hou sodat die WiFi nie onderbreek wat word nie. Die WiFi se spoed is 50 Mpbs en daar is 3 versenders op die perseel sodat jy volspoed-internet van enige plek op die perseel kan kry.

Albei eenhede het 'n gratis, weeklikse skoonmaakdiens en omruil van die lakens en handdoeke, veral vir langer verblyftydperke. Water en elektrisiteit is by die prys ingesluit.

Gaste het gedeelde gebruik van die pragtige tuin en die swembad wat met sonpanele verhit word en 'n veiligeidsbedekking het. Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Daar is 2 vriendelike, inwonende hasies in die tuin. Hulle hou van aandag en gaste kan aan hulle raak, maar wees asb. versigtig om nie op hulle te trap of seer te maak nie.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Elphinstone-laan 19, Table View, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elphinstone-laan 19, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0e07782c4ae8247f31075688b27aa193f888baad1d978a1b87763d792783a429caff2511cfd86c7217e21bacb63e6fd50192?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 19 Elphinstone Avenue Table View 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.8289241 18.4921724