Little Falls Akkommodasie by Homestay Travel Guest House | LekkeSlaap
+42

Homestay Travel Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cascades-weg 781, Little Falls, Roodepoort, 1724, Gauteng
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R995 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Homestay Travel Guest House is naby Clearwater en die CradleStone Mall geleë en bied verblyf in verskeie kamers met lugversorging en privaat ingange. Gratis WiFi en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die oord bied 'n rustige, romantiese atmosfeer en is ideaal vir vakansiegangers en sakereisigers. Ons sal jou verstom met ons huislike, tog elegante verblyf en uitsonderlike diens. Gaste kan heerlik op die patio en in ons lieflike tuin ontspan.

Ons bied standaard en selfsorgkamers met lugversorging en telefone. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, TV met sekere DStv-kanale, tee- en koffiemaakgeriewe, en badhanddoeke. Bring asb. jou eie swemhanddoeke saam.

Daar is 'n gelisensieerde kroeg by die swembad en 'n houtdek waar gaste mandjies met peuselhappies kan bestel of binne of buite braai. Dis ideaal vir groepe van 30.

Ons is naby winkelsentrums soos Clearwater, Cresta, Westgate en Northriding. Ons is ook naby kasino's soos Silver Star (10 km), Monte Casino (25 km) en Gold Reef City (35 km).

Die Wieg van die Mensdom, Walter Sizulu Botaniese Tuine, Leeupark en Wonder Caves is ook in die omgewing.

Ons is sowat 20 km vanaf Lanseria Lughawe en ongeveer 45 km vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe.

Ons sekuriteit sluit geslotekringkameras en laserstrale in. Ons bestuur en personeel woon op die perseel en ons is verbind aan 'n sekuriteitsmaatskappy. Ons verblyf is ideaal vir groepbesprekings en daar is braaigeriewe beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 18 resensies vir Homestay Travel Guest House
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Cascades-weg 781, Little Falls, Roodepoort, 1724, Gauteng
  • Gaste dink Homestay Travel Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R995
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R995
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cascades-weg 781, Little Falls, Roodepoort, 1724, Gauteng
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM2MjU2ZmYyLWEwYzMtNDAwNi1iNjY1LTA5MTRjM2M4NTNiZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R995  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 781 Cascades Road Little Falls 1724 Gauteng 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -26.11661 27.88946
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za