Homestead At Boesmansrug

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Homestead At Boesmansrug bied lieflike selfsorgverblyf op 'n appel- en peerplaas in die hartjie van die Vyeboomvallei. Dié plaas word deur 'n familie bestuur.

Verblyf word in die Opstal vir 7 gaste en die Anneks vir 2 gaste gebied. Die Opstal het 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die Anneks is 'n eenslaapkamerkothuis met 'n uitsig oor die dam en het 'n en suite-badkamer. Beddegoed en handdoeke word vir albei eenhede voorsien.

Albei eenhede het 'n kombuis wat met 'n mikrogolf, oond, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Maaltye kan voorsien word, mits vooraf gereël. Rook in die eenhede is verbode.

Gaste het toegang tot die tennisbaan, swembad (afhangend van die droogte), braaigeriewe by die swembadhuisie en 'n pragtige Engelse tuin.

Parkeerplek is op die plaas beskikbaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Homestead At Boesmansrug gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za