Honeyguide Mantobeni Tented Safari Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Honeyguide Mantobeni is 'n safari-kamp in die Manyeleti Wildreservaat wat langs die Krugerwildtuin geleë is. Kom ervaar die Afrika-bos en sy diverse wildspesies gedurende 'n wildrit waar jy die Groot 5 vanuit 'n wildrit-voertuig kan raaksien, of gedurende 'n begeleide stap-safari onder leiding van bekwame en ervare gidse en spoorsnyers.

Mantobeni-kamp is ontwerp om Hemingway se Afrika se weerspieël. Daar is 15 tente wat tussen 'n Tamboti-boord skuil en oor 'n droë rivierbedding uitkyk. Die ontvangsarea beskik oor 'n groot sitarea, 'n buite-area met 'n plonspoel en sonstoele, 'n kroeg en 'n wynkelder met klimaatbeheer.

Wild kom drink gereeld by die watergat en kan vanaf die swembaddek langs die ontvangsarea dopgehou word.

Mantobeni-kamp is 'n afgeleë boskamp tussen 'n boord van Tamboti-bome. Die vrystaande tente is elkeen op 'n houtplatform opgeslaan met seilmure wat kan oprol en 'n dek reg rondom wat die geleentheid skep om weer een met die natuur te word.

Etes by die kamp is 'n hoogtepunt en word saam geniet buite by 'n lang tafel met groot vure en fakkels om 'n egte bos-gevoel te skep. Eenvoudige tuisgemaakte etes wat grootliks met plaaslike produkte gemaak word, is volop en word uitstekend bedien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Honeyguide Mantobeni Tented Safari Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R10 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za