Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Honeysuckle Clarens

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Van Reenen- en Parkstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Honeysuckle Clarens bied gerieflike selfsorgverblyf in die lieflike bergdorpie Clarens, in die Oos-Vrystaat. Dit is net 15 km van die Golden Gate Nasionale Park af. Clarens, Golden Gate en Fouriesburg bied verskeie lieflike staproetes. Stappermitte asook padkaarte is by Honeysuckle beskikbaar.

Verblyf word in 2 netjiese en skoon eenhede aangebied. Die Honeysuckle Familie-eenheid bied slaapplek aan 4 gaste. Elke slaapkamers het 'n privaat badkamer met 'n bad en stort. Die een slaapkamer het 'n koninggrootte bed wat ook omskep kan word in 2 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte bed. Die oopplan-leefarea beskik oor 'n ten volle toegeruste kombuis, eetarea en sitarea.

Die Workshop is 'n selfsorgeenheid met 'n ongekunstelde gevoel. Die moderne dubbelverdieping-eenheid het 'n oopplan-leefarea, 'n kombuis wat ten volle toegerus is en 'n badkamer met 'n groot instapstort. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n mooi berguitsig.

Elke eenheid het 'n privaat stoep met braaigeriewe en 'n kaggel in die leefarea wat heerlik is in die koue wintermaande.

Gaste word met sjerrie en tuisgebakte biscotti verwelkom. Komplimentêre koffie, tee, rooibostee, vars plaasmelk, stilwater en koffiepotte word in die eenheid voorsien. 'n Ligte gesondheidsontbyt word in die privaat tuin bedien.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Die gasheer en -vrou woon op die perseel en is beskikbaar indien gaste enige vrae het tydens hul verblyf.

Motorfietsryers is welkom. Die gashere is ook mal oor Lesotho as 'n bestemming met hul motorfietse. Daar is 'n 500 m-grondpad na die huis wat gerieflik is vir motorfietse.

Aktiwiteite in die omgewing sluit gholfspeel, perdry, riviervlotvaart, voetslaan en 4x4-roetes in. Die Basotho Kultuurdorpie en Gesondheidspa is ook naby.

Honeysuckle het ook nou kaartmasjienfasiliteite.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 8 resensies vir Honeysuckle Clarens
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Mercia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Jaar gelys 5

Ligging

  • Hoek van Van Reenen- en Parkstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Honeysuckle Clarens het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Van Reenen- en Parkstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8442613382a6d621261ca96764f27cea657c9472673764e41a382b4cfd4b75781657f780e8c2a8d894340e7b7e7db251bcd0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 8 5 1 5 Corner of Van Reenen Street and Park Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.520165266006 28.419758054909
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem