Hoofweg 33

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hoofweg 33 is 'n selfsorghuis wat perfek is vir 'n gesin of vriende wat die bekoorlike dorpie Struisbaai wil besoek. Die huis is net 300 meter van die hoofswemstrand af.

Hierdie selfsorghuis het 2 slaapkamers en 2 badkamers met slaapplek vir 5 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die eerste badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede badkamer het 'n bad, wasbak en toilet, en daar is nog 'n aparte toilet.

Binne die huis is daar 'n oopplan-sitkamer met oorgenoeg sitplek en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, ketel en 'n eetarea. Die huis het ook 'n onderdak-braaiplek buite. Verder is daar 'n groot tuin waar kinders lekker kan speel.

Daar is verskeie restaurante in die omgewing en 'n eetplek by die waterfront wat stapafstand hiervandaan is. Struisbaai is ook bekend vir sy lekker doendinge soos visvang, perdry, voetslaan, verfbal, vierwielmotorfietsroetes en duikgeleenthede.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hoofweg 33 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za