Hooggelegen Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hooggelegen Guest Farm is 'n selfsorghuis wat deur ’n gesin besit en bestuur word tussen Nelspruit en Witrivier, Mpumalanga. Dit is naby die wêreldbekende Krugerwildtuin se Numbi-hek. Jou gashere, Zyl en Trisha Janse van Rensburg woon op die plaas met hulle 3 kinders, 5 honde, 4 donkies, 3 perde, 4 bosvarke en 'n klompie hoenders. Hulle bied vriendelike, hulpvaardige diens teen bekostigbare tariewe en is altyd daar om in jou behoeftes te voorsien.

Verblyf word in 3 eenhede/huis gebied en bied slaapplek aan 16 gaste. Die hoofplaashuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die Peacock Corner is 'n tweeslaapkamerhuis en bied slaapplek aan 4 gaste; 2 gaste in elke kamer. Nest is 'n eenslaapkamerhuis en bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders op 'n stapelbed.

Elke huis het 'n oopplan-sitarea met 'n TV- en kombuisarea wat toegerus is met 'n stoof, oond, yskas en mikrogolf. Gaste het toegang tot 'n privaat braai-area.

Die plaas is oorkant die pad van 'n pragtige trou-venue in die Laeveld, Whispering Thorns. Dis ook 5 minute se ry vanaf die Witrivier Primêre Skool en Rob Ferreira Hoërskool, waar die grootste Primêre 7's- en 10's-toernamente gehou word. Uplands College is ook in die straat waar daar rugby, netbal, swem, hokkie en krieket deur die jaar gehou word.

Daar is verskeie doendinge vir die jongspan in die area. Die plaas is in die middel van die Kaapsehoog Wildeperde, Hazyview Skyway Trails en Perrys Reptielpark geleë. Dis ook naby Graskop waar die Lift Company en The Big Swing is, asook Innibos Kunstefeel, Casterbridge Leefstylsentrum en Bagdakden Bosch Kermaiekkuns. Ons kan ook privaat uitstappies na die Kruger Wildtuin, Timbavati Wildreservaat, Jessica The Hippo, Moholoholo Wild Rehabilitasiesentrum in Hoedspruit en Stoffel The World Famous Badger reël.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hooggelegen Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za