Hookthorn Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hookthorn Cottage is 1 van vele eenhede met slaapplek vir 6 wat onder privaat besit is en geleë is in die veilige Hazey River Reservaat op die R40 tussen Witrivier en Hazyview aan die oewer van die Da Gama-dam. Aangesien die verblyf teen die Da Gama-dam geleë is, is daar visvang-geleenthede beskikbaar vir die beginner asook die gesoute visserman wat daarvan hou om visvang te kombineer met ander Laeveld-doendinge.

Die eenheid bestaan uit 3 slaapkamers, 2 en suite-badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis met graniettoonbanke, 'n oopplan-leefarea met 'n kaggel en DStv en 'n onderdak-braaiplek.

Daar is 'n plonspoel met uitsigte oor die dam en onderdak-parkeerplek is beskikbaar. 24-uur sekuriteitspatrollie is beskikbaar op die perseel.

Daar is 'n wandel-roete langs die water. Die baie bekende 4-Ster Hulala Lakeside Lodge is ook in die Hazey River Reservaat geleë en is binne loopafstand van die eenheid af. Jy is welkom om by ons aan te sluit vir 'n maaltyd of drankie by die bekende Rock Inn Bar. Bespreek die Sonsondergang-vaart vir 'n uur-lange rustige bootvaart op die Da Gama-dam, of geniet 'n pamperlang-sessie by die Freyja Lakeside Spa.

Slaapplek

'n Bespreking by Hookthorn Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite

Kamergeriewe

  •  Sitkamer

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hookthorn Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za