Hopefield Country House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hopefield Country House is 'n gemaklike en luukse toevlugsoord wat in die hartjie van die Sondagsriviervallei geleë is. Dis na aan Port Elizabeth en net 'n klipgooi van die wêreldbekende Addo-olifantpark af.

Ons bied superieure diens en onbeskaamde flair en is die ideale plekkie om 'n stil naweek te kom geniet of te gebruik as jou basis indien jy die natuurlike prag van die Oos-Kaap wil kom verken. Hopefield Country House is net bo die groen boorde van die sitrusplaas geleë en bied onbelemmerde uitsigte oor die natuurprag van die Sondagsriviervallei.

Gedurende jou tydjie hier kan jy 'n luilekker dag langs die swembad deurbring en sonbaai of jy kan heerlik deur die sitrusboorde wandel. Ons tuin bied ook goeie plekkies om te rus en ontspan en baie voëlspesies het hier nesgeskop wat ure se fassinasie vir voëlliefhebbers sal voorsien. Die roostuin het meer as 50 roos-variëteite en bied 'n lushof van veranderende kleur van lente tot herfs.

Verblyf word aangebied in 9 individueel versierde en suite-slaapkamers wat jou sal omvou in luuksheid. Ons koninggrootte-, koningingrootte- en enkelbeddens is almal oorgetrek met kraakvars perkallinne wat 'n goeie nagrus verseker. Elke kamer is ook toegerus met lugversorging, 'n waaier en verwarmer, satelliet-TV, 'n yskassie, 'n persoonlike kluis en al die nodige geriewe om te verseker dat jou verblyf by ons gemaklik en kommervry sal wees.

'n Heerlike ontbyt en smullekker aandetes kan ook bedien word. Ons volledig gelisensieerde skemerkelkie-kroeg verseker dat jou gunsteling drankie nooit buite jou bereik is nie. Ons het ook 'n groot verskeidenheid Suid-Afrikaanse landgoedwyne beskikbaar wat enige ete hier sal komplementeer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hopefield Country House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 290 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za