Horizon Bay 1206 by CTHA

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Horizon Bay 1206 by CTHA is 'n stylvolle selfsorg-woonstel in 'n veilige gebou in Bloubergstrand. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf met lieflike uitsigte naby verskeie besienswaardighede.

Die woonstel is op die twaalfde verdieping geleë, is smaakvol versier en is ingerig met lugversorging. Daar is 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oond en stoof, tuimeldroër, skottelgoedwasser en ingeboude kaste met ander toestelle vir jou gerief.

Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met 'n DVD-speler en volledige DStv. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar en daar is 'n privaat balkon met sitplek. Gaste kan 'n skemerkelkie op die balkon geniet terwyl hulle die uitsigte bewonder. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad op die dak. Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig en 24 uur-sekuriteit op die perseel.

1206 Horizon Bay is loopafstand van winkels en restaurante af en 'n entjie se ry van die strand, Ratanga Junction, Canal Walk en verskeie binnemuurse en buitemuurse doendinge af.

Slaapplek

'n Bespreking by Horizon Bay 1206 by CTHA sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Horizon Bay 1206 By CTHA gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 145 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za