LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Horizon Bay 1602 | LekkeSlaap
+43

Horizon Bay 1602

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Blaauwbergweg 4, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R4 723 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Horizon Bay 1602 is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand. Dié kusbuurt bied 'n pragtige uitsig op Tafelberg en dis die ideale bestemming as jy Kaapstad of die omliggende area wil verken. Die goue strand is perfek vir watersport, soos seilplankry en vlieërbranderry. Ander doendinge sluit vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies en uiteet in die omgewing in.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n gastebadkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Dié kamers het toegang tot die balkon. Die derde kamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die gastebadkamer het 'n toilet. 'n Bababed is op versoek beskikbaar.

Die ruim kombuis is toegerus met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, kapsule-koffiemasjien, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n toonbank met stoele en 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitkamer het 'n L-vormige rusbank en 'n platskerm-TV teen die muur. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook lugversorging in elke kamer en in die leefarea.

Die leefarea het 'n skuifdeur wat lei na die balkon met 'n etenstafel vir 6, 2 sonstoele en 'n berg- en see-uitsig. Die kompleks is veilig en bied veilige parkeerplek en 'n gemeenskaplike swembad.

Slaapplek

’n Bespreking by Horizon Bay 1602 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Horizon Bay 1602
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Blaauwbergweg 4, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Horizon Bay 1602 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 723
per nag (plek vir 6)
Vanaf R4 723
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Blaauwbergweg 4, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd1e8684bc726ccd9c19728c4bff71cf147f2629f165933429d273208603248bd7d406815e69a56b7c483997df446abab3602?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 723  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Blaauwberg Road Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-17:00 11:00 -33.82231 18.47782
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!