Horizon Bay 1603

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 24 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Beskrywing

Let asb. daarop dat Horizon Bay opknapping ondergaan vir die volgende drie maande en die hoofdeur is nie bereikbaar nie.

Horizon Bay 1603 is ‘n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand vanwaar jy Tafelberg kan bewonder, en Kaapstad en die omliggende omgewing kan verken. Die goue strand is ideaal vir watersport, soos seilplankry en vlieërbranderry. Jy kan ook vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies doen en uiteet in die omgewing.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer en tweede kamer het ‘n koningingrootte-bed, en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Dié kamers het ook toegang tot die balkon met ‘n lieflike uitsig. Die derde kamer het 2 enkelbeddens en die derde badkamer het ‘n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n toonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het ‘n gemaklike L-vormige rusbank en ‘n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na ‘n balkon met ‘n tafel vir 2, braaigeriewe en ‘n uitsig oor die see en op die berge.

Neem asb. kennis dat die swembad slegs oor die naweek kan gebruik word.

Slaapplek

'n Bespreking by Horizon Bay 1603 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Horizon Bay 1603 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 917 R1 917 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 24 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za