LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Horizon Bay 306 | LekkeSlaap
+22

Horizon Bay 306

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard 6 , Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 140 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Horizon Bay 306 is 'n selfsorgwoonstel wat in Bloubergstrand geleë is, net 20 minute vanaf die middestad en sowat 30 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. Die woonstel is op die vyftiende verdieping vanwaar jy 'n lieflike uitsig kan geniet met baie son en 'n panoramiese uitsig oor Blouberg se kus, die see, Tafelberg en Robbeneiland.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het ook 'n stort-oor-bad.

Daar is 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf en skottelgoedwasser. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitkamer het 2 dubbelrusbanke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n balkon met stoepmeubels en 'n see-uitisg.

Die woonstel het toegang tot afstandbeheerde onderdakparkeerplek vir 2 voertuie en 'n swembad op die eerste verdieping. Horizon Bay 306 is naby restaurante, kroeë en koffiewinkels in die omgewing. Dis ook naby die hoofpad wat lei na die bedrywige Kaapse middestad in die een rigting, en die majestueuse Weskus in die ander rigting. Jy kan lekker op die nabygeleë strand wandel en die uitsig geniet.

Neem asb. kennis dat die swembad slegs oor die naweek kan gebruik word.

Slaapplek

’n Bespreking by Horizon Bay 306 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 3 resensies vir Horizon Bay 306
Netheid
3.7/5
Diens
3.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
3.7/5

Ligging

  • Beach Boulevard 6 , Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Horizon Bay 306 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 140
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 140
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard 6 , Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNlMjdmMTNhLWE5M2QtNDg5My1hYWRhLTNhNzNiMTMxN2Q2Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 140  per nag (plek vir 4) 3 5 1 4 6 Beach Boulevard Table View 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.822138 18.477955
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!