Horizon Bay 402

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 24 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Beskrywing

Let asb. op dat Horizon Bay vir die volgende 3 maande opknappingswerk ondergaan en die voordeur sal gedurende dié tyd nie gebruik kan word nie.

Horizon Bay 402 is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand, 'n voorstad met 'n pragtige uitsig op Tafelberg en die perfekte ligging vir diegene wat die Kaap kom verken. Die strand is uitstekend vir watersportsoorte soos seilplank- en vlieërbranderry, en ander doendinge in die omtrek sluit vierwielmotorfiets, voetslaan, inkopies en uiteet in.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak, en 'n balkon met 'n see-uitsig. Die ander 2 kamers het koningingrootte-beddens en deel 'n badkamer wat oor 'n bad, stort, toilet en wasbak beskik.

Die kombuis het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Verder is daar 'n ontbyttoonbank met stoele, eetkamerstel vir 6, sitkamerstel, platskerm-TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi.

Die leefarea lei na 'n lieflike balkon met 'n etenstafel vir 4 en 'n berg- en see-uitsig.

Die swembad kan slegs naweke gebruik word.

Slaapplek

'n Bespreking by Horizon Bay 402 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Horizon Bay 402 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 917 R1 917 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 24 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za