LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Horizon Bay 802 | LekkeSlaap
+30

Horizon Bay 802

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Blaauwberg-dienspad 4, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 343 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Horizon Bay 802 is in Bloubergstrand en bied gehalteverblyf aan 'n gesin, vriendegroep of sakereisigers. Dis naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Dié elegante woonstel is teen die strand en beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. 'n Bababedjie is op versoek beskikbaar.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien.

Die sitarea het gemaklike banke en 'n TV met DStv. Daar is ook 'n eetarea met sitplek en gaste het toegang tot gratis WiFi. Parkeerplek en braaigeriewe is beskikbaar.

Die woonbuurt is net 15 km vanaf Kaapstad se middestad. Bloubergstrand is 1 van die wêreld se top-vlieërbranderrybestemmings en doendinge sluit branderplankry, seilplankry en staanroei in. Robbeneiland kan ook vanaf die strand gesien word.

Daar is verskeie winkels, restaurante en kuierplekke in die area en maklike toegang tot openbare vervoer.

Die Rietvlei Vleilandreservaat is ideaal vir pieknieks. Die Blaauwberg Natuurreservaat bied 1 van die min uitkykpunte in die wêreld waar jy 2 wêrelderfenisgebiede kan besigtig, naamlik Tafelberg en Robbeneiland.

Slaapplek

’n Bespreking by Horizon Bay 802 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Blaauwberg-dienspad 4, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 343
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 343
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Blaauwberg-dienspad 4, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAACjBJpwJMIenIRZFyaokZMsJK0ZWZJdztr6rrrAJldOwueRJXmr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 343  per nag (plek vir 6) Blaauwberg Service Road Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-17:00 11:00 -33.82231 18.477750262566
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!