LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Horizon Bay Luxury Apartment | LekkeSlaap
+23

Horizon Bay Luxury Apartment

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwbergweg 4, Horizon Bay 705, Table View, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 980 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Horizon Bay Luxury Apartment is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Bloubergstrand. Die woonstel het 'n pragtige uitsig oor die see en die omgewing van die balkon af.

Dié woonstel op die boonste verdieping bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en toegang tot die tweede badkamer. Elke badkamer het 'n stort-oor-bad en verhitte handdoekrelings.

Die oopplan-kombuis is met die nodige toebehore toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n ingeboude kas. Die leefarea langsaan het 'n TV met DStv en onbeperkte WiFi is beskikbaar. Die leefarea bied toegang tot die privaat balkon waar gaste skemerkelkies kan geniet en die pragtige see-uitsig kan bewonder.

Die gebou het 'n gemeenskaplike swembad, 'n portierdiens en veilige parkeerplek met 24 uur-sekuriteit. Die gebou is ook naby kruidenierswinkels, 'n MyCiTi-bushalte en dis sowat 20 km vanaf die middestad en 29 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Slaapplek

’n Bespreking by Horizon Bay Luxury Apartment sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Ligging

  • Blaauwbergweg 4, Horizon Bay 705, Table View, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 980
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 980
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwbergweg 4, Horizon Bay 705, Table View, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsqkNe6fvIqOJhuEgStHQPyX1w18lqEbV1n0uUuikVlsR9pOzpO?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 980  per nag (plek vir 4) 4 Blaauwberg Road, 705 Horizon Bay Table View 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.822283233719 18.477825328836
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!