Horizon Breeze 1102

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Horizon Breeze 1102 is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand wat 'n uitsig op Tafelberg bied en ideaal is vir diegene wat Kaapstad en die omliggende areas wil verken. Die strand is perfek vir watersport, soos seilplankry en vlieërbranderry, en ander doendinge sluit vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies doen en uiteet by nabygeleë restaurante in.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en die derde kamer het 'n stapelbed vir 2 kinders, asook 'n gemaklike rusbank. 'n Bababed is op versoek beskikbaar.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n see-uitsig.

Slaapplek

'n Bespreking by Horizon Breeze 1102 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 kinders
2 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Horizon Breeze 1102 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 978 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za