Horseback Africa - Pinto's Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Horseback Africa - Pinto's Lodge is afgeleë, net 'n uur se ry vanaf Johannesburg se Internasionale Lughawe, en bied 'n persoonlike en eksklusiewe verblyfervaring. Horseback Africa spesialiseer in saalsafari's, uitstappies saam met die leeus, polo en fotografiese safari's en -kursusse. Die MacRae-familie wil jou graag nooi om by hulle huislike plek te kom kuier. Jy kan uitsien na asemrowende wild, perde en fantastiese weer.

Die lodge het 8 unieke gastekamers en gaste het 'n keuse van enkel-, dubbel- of gesinskamers. Elke kamer het sy eie en suite-badkamer.

Pinto's Lodge is pragtig versier en skep 'n natuurlike gevoel. Gaste kan bosveldstories langs die kampvuur deel, heerlike maaltye in die boma geniet en ontspan langs die swembad. Daar is ook 'n verhitte spa-swembad.

Die gerieflike gesinsrestaurant en The Saddle Bar bedien tuisgekookte maaltye en drankies aan ons gaste en dagbesoekers.

Daar is heelwat staproetes vir meer avontuurlustige gaste wat jou verby prentjiemooi damme en stil voëlskuilings neem. Daar is honderde voëlspesies waarna ons gaste kan kyk, volop wild en skilderagtige uitsigte vir die perfekte foto's.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Horseback Africa - Pinto's Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za