Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Horseshoe Gasteplaas

Gastehuis
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Horseshoe Guest Farm, , Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Horseshoe Guest Farm is geleë in die skilderagtige voetheuwels van 'n ongerepte gedeelte van die Drakensberge. Hier sal jy verwelkom word met ouwêreldse gasvryheid en wanneer jy vertrek sal dit vir jou voel of jy deel van die familie geword het. Maak seker jy het 'n groot aptyt as jy by ons aanklop: ons gebruik net die allerbeste, varsste plaaslike bestanddele in die plaasgeregte wat ons hier voorsit, en die porsies is stewig! So laat vaar die rep en roer van die stad vir 'n paar dae en verloor jouself in die nostalgie van die rustige lewe en die heerlikheid van "slow food".

Gaste is welkom om deel te neem aan die dag-tot-dag-aktiwiteite op die plaas, soos die tel van skape en beeste, visvang in die dam en staptogte in die berg. Die omgewing is ook ideaal vir avontuur-motorfietsitte, bergfietsry, landloop en 4x4-pret. Horseshoe Guest Farm is net 4 ure se ry van Durban en Johannesburg af - sowat 30 minute vanaf Newcastle. Ons passie vir persoonlike diens en gehalte maak van Horseshoe Guest Farm die ideale plek vir 'n wegbreek, troue, groepsverblyf, troues en konferensies.

Ontvlug van die stad:
Niks is beter of meer waardevol as gehaltetyd saam met vriende of familie nie, en Horseshoe Guest Farm bied die perfekte bestemming in hierdie verband. Ons bied naweekpakkette met volle losies, maar gaste is welkom om ook vir selfsorg by ons te bespreek. Het jy 'n spesiale geleentheid om te vier? Nooi die hele familie en vra vir ons om vir jou 'n heerlike fees voor te berei.

Raak wild:
Of jy nou saam met jou pelle kom vir 'n naweek van motorfietspret en of jy net jou kinders in die 4x4 laai vir 'n lekke naweek, maak seker jy bespreek by ons. Horseshoe Guest Farm is geleë aan die onderkant van die Normandien-pa, naby aan die Mulers, Collings, Bothas en Laings Nek-pas - ideaal vir besoekers wat die omgewing te voet of per 4x4 wil verken.

Troues:
Horseshoe Guest Farm is ideaal vir 'n pretensielose, dog stylvolle, bruilofsfees. Die luisterryke tuin het 'n uitsig oor die dam en die golwende landskap van die Drakensberge - dit voorsien die ideale agtergrond vir onvergeetlike oomblikke. Ons het 'n kapel en onthaalsaal wat plek vir 120 gaste het, maar ons kan ook 'n tent opslaan as jy jou droomtroue eerder in die tuin wil hou.

Kenmerke

Afrikaans
Troeteldiere indien gereël
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 10 resensies vir Horseshoe Gasteplaas
Netheid
4.4/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Horseshoe Guest Farm, , Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Horseshoe Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Newcastle KwaZulu-Natal
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Horseshoe Guest Farm, , Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA5ZGExNWY4LWYyYzMtNDBjYS04YTJhLTRmZmZjYzA4NzQ5NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 Horseshoe Guest Farm Normandien 2940 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.018347737891 29.718403816223