Hotel 224

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hotel 224 bied verblyf in Pretoria wat al jou verwagtings sal oortref. Die hotel is in die hartjie van die hoofstad geleë en bied maklike toegang to wêreldklas winkelsentrums, plekke van kulturele belang en sportstadions.

Wanneer dit by die sakebedryf kom, bied Hotel 224 die ideale oplossing. Hiér is korporatiewe gaste nie net naby die hoof sake- en korporatiewe areas nie, maar ons beskik ook oor van die beste konferensiegeriewe, betroubare WiFi en pasgemaakte eetopsies.

Ons elegante gastekamers is ingerig met luukse dubbelbeddens of 2 enkelbeddens en bied vir die sakereisiger én ontspanningsreisiger asemrowende uitsigte. Verwonder jou aan die uitgestrekte metropool en sy kenmerkende strukture soos die Uniegeboue wat saans baie indrukwekkend vertoon.

Die mees onlangse byvoeging by Hotel 224 is 2 splinternuwe venues. Op die grondvloer sal jy The Pepper Tree aantref. Dit is 'n kontemporêre venue wat direk oopmaak op 'n rustige dek. Die dek is die perfekte plek vir 'n ontspanne middagete or skemerkelkies. Dit is 'n oase in 'n betonoerwoud. As jy tot heel bo in die gebou kom, wag een van die mees indrukwekkende venues in Pretoria op jou.

Met glas wat van die grond tot by die plafon strek, spog The Lion's Den met 'n 360º-uitsig oor die stad. Hierdie smaakvol versierde venue is ingerig met 'n privaatkroeg en ultra-moderne konferensiegeriewe.

Hotel 224 mik om jou te beïndruk, en sal verseker hierin slaag. As 'n instansie wat in privaat besit is en ook privaat bestuur word, straal die hotel warmte uit. Dit is kontemporêr, maar ook gemaklik ingerig. Ons vriendelike, flinke diens, bekostigbare tariewe, dinamiese sake-oplossings en heerlike maaltye wag op jou.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hotel 224 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Hierdie blyblek is nie op die oomblik beskikbaar nie. Probeer asseblief weer.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za