Hotel Oasis
- Kapasiteit: 118 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Donkinstraat 66, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R590 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Hotel Oasis is 'n lieflike hotel in Beaufort-Wes in die hartjie van die Karoo. Dit is op die N1 tussen Kaapstad en Johannesburg.
Dié ruim hotel het 45 kamers met lugversorging en elke kamer het slaapplek vir tussen 1 en 8 gaste. Die kamers het enkelbeddens, dubbelbeddens en stapelbeddens, en elke kamer het 'n privaat badkamer met 'n stort.
Die kamers het elkeen 'n TV, tee- en koffiemaakgeriewe en handdoeke. WiFi is ook beskikbaar.
Die eetarea bied 'n driegang-aandete en 'n buffet-ontbyt wat 'n Engelse ontbyt, ontbytpap, verskeie konfyte, roosterbrood, koffie, tee en sap insluit.
Gaste kan 'n drankie by die dameskroeg geniet of in die sitarea voor die TV met DStv ontspan. Die hotel het 'n konferensiesaal met plek vir 250.
Gaste kan van die braaigeriewe by die swembad gebruik maak. Let asseblief dat die swembad slegs in die somer beskikbaar is. Veilige parkeerplek is vir 50 voertuie beskikbaar en daar is sekuriteit. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Nagportier
- Restaurant op Perseel
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Blaaibord
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Donkinstraat 66, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Gaste dink Hotel Oasis het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Beaufort-Wes Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 118 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Donkinstraat 66, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom