Hottentots Mountain View Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ons verwelkom jou graag by ons luukse akkommodasie naby Kaapstad. Hottentots Mountain View Gastehuis is in Somerset-Wes geleë in die groen vallei van die Hottentots-Hollandberge aan die begin van die wynroete.

Gebruik gerus ons gastehuis as 'n basis om die Wes-kaap en die Kaapse wynlande te verken. Hottentots View is slegs 5 minute van die strand van Valsbaai, 15 minute vanaf Stellenbosch, 25 minute van die Kaapstad se Internasionale Lughawe en 45 minute van Kaapstad se Tafelberg af.

Kom ontspan in die 'deluxe'-tuinkothuisies wat om die swembad in die indrukwekkende tuin met palmbome, braai-area en 'n sondek staan. Alle stylvolle kamers het en suite-badkamers, 'n terras met tuinmeubels, ongelooflike uitsigte oor die Hottentots-Hollandse berge en die Helderberg, en 'n aparte ingang vir elke eenheid.

'n Bobaas ontbyt is by die tariewe ingesluit en word elke oggend in die splinternuwe tuinkamer of op die dakterras bedien en 'n heerlike aandete of braai kan op versoek in die aand bedien word.

Jy sal beslis vrede en rustigheid in die weelderige, groen tuin vind, of langs die skitterende swembad, of in die skadu van die patio's.

By ons is gasvryheid en genotvolle verblyf ons top-prioriteit. Ons sien daarna uit om jou by ons gastehuis te verwelkom!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Frans
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  24-uur Kamerbediening
  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hottentots Mountain View Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za