Houghton Executive Suites

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Houghton Executive Suites is in Houghton, Johannesburg, en bied gehalteverblyf vir sakereisigers en vakansiegangers. Dis in 'n luukse area op 'n Jack Nicklaus-gholfbaan en is minder as 5 km vanaf verskeie winkels, restaurante en die Melrose Arch-winkelsentrum.

Verblyf word in 10 moderne suites gebied wat elk 1 slaapkamer, en suite-badkamer, kombuis en leefarea het. Die kamer het 'n koninggrootte-bed en en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n 55' platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis, vinnige WiFi word ook voorsien. Daar is lugversorging, granietoppervlaktes, elektroniese gordyne en vars, wit linne en handdoeke.

Daar is 'n spa, verhitte swembad, buite-swembad en aparte swembad vir volwassenes op die perseel, asook 3 verskillende restaurante, 'n fiksheidsentrum en 'n Sky Bar wat 'n gholfbaan-uitsig het. Die perseel spog met moderne raadskamer, konferensiegeriewe en funksiesale. Ander doendinge sluit draf, voetslaan en putt-putt in.

Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Houghton Executive Suites gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 295 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za