House 26 Blyde Wildlife Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

House 26 Blyde Wildlife Estate is 'n luukse selfsorghuis met asemrowende uitsigte oor die bos en wild wat vryelik hier wei op die Blyde Wildlandgoed wat 400 ha beslaan. Die landgoed is aan die voet van die Drakensberge geleë en is sowat 16 km vanaf die dorpie Hoedspruit.

Die huis bestaan uit 3 slaapkamers en 'n solder-area met slaapbank wat as vierde slaapkamer gebruik kan word indien nodig. Daar is slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders. Daar is 3 badkamers (2 en-suite), elkeen met 'n stort. Daar is ook 'n ruim buite-area wat bestaan uit 'n grasdakstoep, swembad, eet-area, braai-area en onderdakparkeerplek vir jou voertuig. Gaste het ‘n pragtige uitsig van die stoep af en kan verskeie wildspesies, soos kameelperde, sebras, blouwildebeeste, vlakvarke, njalas en rooibokke, bewonder.

'n Skoonmaker is verantwoordelik vir skoonmaak en die was en stryk van klere. Ons kan ook verskeie uitstappies soos warmlugballonvlugte, wildritte, riviervaarte, ens. vir jou bespreek. Daar is ook verskeie motorhuurmaatskappye in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by House 26 Blyde Wildlife Estate sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na House 26 Blyde Wildlife Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 250 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]