House of Arts

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 25 % af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 17 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

House of Arts is 'n bekoorlike kunstenaarshuis wat verblyf in die prentjiemooi dorpie, Haenertsburg, net 57 km vanaf Polokwane bied. Die gastehuis is stapafstand vanaf verskeie winkels en restaurante in die dorpie en naby voetslaan- en bergfietsroetes in die omtrek.

House of Arts is ontwerp deur jou gasheer wat 'n keramiek- en glaswarekunstenaar is. Die naam van die huis is 'n voorsmakie van die kreatiwiteit wat jy binne, buite en rondom die huis sal vind. Gaste kan kom inspirasie put uit die kunstige styl en selfs 'n keramiek werkswinkel bywoon.

Verblyf word gebied in 'n gemaklike, knus gastekamer wat ingerig is met 2 enkelbeddens en daar is 'n ruim en suite-badkamer met 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n kroegyskas met water en ys, tee- en koffiemaakgeriewe en beskuit in die kamer. Gratis WiFi is beskikbaar.

House of Arts bedien nie maaltye nie, maar daar is 4 restaurante 'n kort entjie se stap van die huis af. Bergfietse kan ook op die perseel gehuur word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na House Of Arts gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R525 per nag (plek vir 2)

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 17 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]