House1929

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

House1929 bied gerieflike verblyf in die plaasdorpie, Rouxville, wat op die N6-hoofweg geleë is. Ons is die ideale oornagplek vir gaste wat tussen Johannesburg en Oos-Londen reis.

Ons bied verskeie verblyfsopsies in 'n selfsorghuis, in selfsorg-eenhede of in gastekamers. Die eenhede is gemeubileer met dubbel- of enkelbeddens en bied ook koffie- en teemaakgeriewe. Die selfsorghuis het 3 slaapkamers en is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof en breekware en eetgerei.

Ons 3 selfsorg-eenhede bied elkeen slaapplek vir 2 gaste en is toegerus met DStv-toegang, yskaste, mikrogolfoonde en koffie- en teemaakgeriewe. Die 2 gastekamers word albei daagliks skoongemaak en het ook koffie- en teemaakgeriewe. Ontbyt kan voorsien word teen 'n addisionele koste op versoek. Jou gashere, Jan en Carien, streef daarna om jou verblyf so aangenaam moontlik te maak.

Kenmerke

  •  Afrikaans

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na House1929 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R660 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za