Hulala Lakeside Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hulala Lakeside Lodge, net 3 en 'n half ure se ry van Johannesburg af, is 'n toevlugsoord waar die moderne wêreld skaars inbraak maak. Hier sal jy so tuis soos by jou eie huis voel. Dié rustige toevlugsoord aan die oewer van die Da Gama-meer is in die mooiste deel van die Laeveld naby Witrivier, Hazyview, die Panorama-roete en die Krugerwildtuin geleë. Die gasvryheid by Hulala is van so 'n aard dat jy ons nooit sal wil verlaat nie.

Die 27 suites wat elk smaakvol versier en spog met manjifieke uitsigte oor die meer. Die Malachite-kamer is die perfekte venue vir prentjiemooi troues en korporatiewe of privaat funksies.

Maaltye is absoluut die hoogtepunt by Hulala Lakeside Lodge. Gaste kan op die terras of in die restaurant kies van 'n diverse ontbytspyskaart af en 'n smullekker kroegmiddagete word by die swembad en onder die bome langs die indrukwekkende Rock Inn Bar voorgesit.

Teen sonsondergang kan jy 'n skemerkelkie in die sitarea drink voordat jy die romantiese Feathers Restaurant besoek vir 'n fynproewersaandete. Alle disse word vars voorberei deur ons ervare sjefs en bied 'n wye verskeidenheid meesterstukke wat enige palet sal bevredig.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hulala Lakeside Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za