Ibis Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ibis Guest Cottage is geleë in Villieria in Pretoria en bied verblyf van die hoogste kwaliteit, hetsy vir vakansiegangers of sakereisigers. Die eenhede is elkeen binne maklike bereik van die plaaslike geriewe en ons is ook na aan al die hoofweë.

Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede, naamlik die kothuis en die grasdakeenheid. Die grasdakeenheid het slaapplek vir 6 gaste. Dit het 'n oopplan-uitleg op die grondvloer met 'n sitarea, eetarea, kombuis en 1 koningingrootte-bed. Die badkamer het 'n stort en 'n ovaalvormige bad. Die solder-area het nog 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers wat elkeen 'n dubbelbed het. Ander geriewe by dié eenheid sluit 'n kombuisie, 'n badkamer met 'n stort, 'n leefarea en 'n privaat tuin in.

Daar is 'n wasmasjien op die perseel, 'n gemeenskaplike swembad, veilige onderdakparkeerplek, 'n TV met OVHD en volledige DStv in die grasdakeenheid. Linne en handdoeke word voorsien.

Die eenhede is sentraal geleë, na aan die hospitale in Pretoria, slegs 40 minute vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe en is in 'n veilige woonbuurt, die ideale plek om te bly vir jou volgende vakansie of sakereis.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ibis Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za