LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Idwala Le Ingwe Lodge | LekkeSlaap
+84

Idwala Le Ingwe Lodge

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R96, 5,4 km vanaf Hekpoort, 1791, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Idwala Le Ingwe Lodge bied gerieflike selfsorg-verblyf in 'n unieke vakansiehuis vir 12 gaste, ’n vakansiehuis vir 8 gaste en ’n luukse tenthuis vir 6 gaste op die Witwatersrandberge met uitstekende uitsigte oor die vallei en op die Magaliesburg-bergreeks. Die lodge is 5,4 km vanaf Hekpoort en 39,1 km vanaf Hartbeespoortdam.

Die vakansiehuis vir 12 gaste is elegant versier in ’n safari-sjiek tema en bied verskeie dekke, stoepe en vermaakareas met lieflike uitsigte.

Hierdie huis beskik oor 6 slaapkamers, 3 badkamers, ruim sitareas, ’n ten volle toegeruste kombuis, 3 braai-areas en ’n vermaakarea op die dak. Die kombuis is met ’n dubbelyskas, boksvrieskas, restaurant-styl gasbraaiers, ’n stoof, klein oond, mikrogolfoond en skottelggoedwasser toegerus. Die vermaakarea het ’n swembad, Jacuzzi, pooltafel, veerpyltjiebord en bordspeletjies. Daar is 2 kaggels en ’n braai-area binne. Skoonmaakdienste is teen ’n ekstra koste wat apart gehef word beskikbaar. Hotel-kwaliteit beddegoed en badhanddoeke is ingesluit.

Verblyf is in 'n vakansiehuis beskikbaar wat slaapplek aan 12 gaste bied en 'n luukse bostent wat slaapplek aan 4 tot 6 gaste bied.

Die vakansiehuis vir 8 gaste beskik oor 4 slaapkamers wat elk hul eie badkamer het, sowel as ’n sitarea wat ’n uitsig op die Magaliesburgberge bied en ’n ten volle toegeruste kombuis. Die kombuis is met ’n dubbelyskas, boksvrieskas, gasstoof, groot oond en mikrogolfoond toegerus. Die vermaakarea het ’n pooltafel en ’n veerpyltjiebord. Die stoep het ’n ingeboude braai-area, ’n wasbak en ’n etenstafel met 10 sitplekke. Skoonmaakdienste is teen ’n ekstra koste beskikbaar en word apart gehef. Hotel-kwaliteit beddegoed en badhanddoeke is ingesluit.

Die luukse tenthuis vir 6 gaste is vir selfsorg ingerig en bied verblyf aan 4 gaste in 2 slaapkamers. In die sitarea is daar 'n slaapbank vir 2 ekstra gaste teen 'n ekstra fooi. Die tent het 2 slaapkamers, ’n badkamer met ’n stort, ’n ten volle toegeruste kombuis, sitarea en eetarea, ’n stoep en ’n braai-area buite. Daar is hotel-kwaliteit beddegoed en badhanddoeke.

Gaste kan 'n sonsondergangsrit geniet wat vooraf bespreek moet word. Daar is die gemerkte Sable-voetslaanroete langsaan, asook ander roetes deur die boskampe wat gaste kan aandurf. Ander aktiwiteite sluit voëlkyk, die Noble Village Restaurant en Brouery, Bill Harrops Balloon Safari's en Saddlecreek Adventures in. Hartbeespoortdam is 39 km ver en daar kan gaste inkopies doen en die Harties Cableway, restaurante, slangpark, en 'n olifant- en 'n aap-reservaat besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wildritte
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Forelhengel
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 4 resensies vir Idwala Le Ingwe Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Langs die R96, 5,4 km vanaf Hekpoort, 1791, Gauteng
  • Gaste dink Idwala Le Ingwe Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wes-Rand Gauteng
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R96, 5,4 km vanaf Hekpoort, 1791, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8cce9a0c19b044c01b6a2aebdf5f778f33ddb77c20157266831a1cf357d7ac111abb6396172ffd11fcc454d2b007f129c416?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 Off the R96 Road 5.4 km from Hekpoort 1791 Gauteng 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -25.923720168382 27.618502452393
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!