LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise | LekkeSlaap
+29

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 33 resensies vir Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.4/5
Hester G - Des 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hester G
Gesin met tieners

Baie ruim en netjiese selfsorgeenheid.

Kon lekker braai en het baie lekker gerus vir die volgende dag se verder ry.

Sandy V - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Sandy V
Saam met eggenoot / lewensmaat

A little bit disappointing.

We are outdoor people. No fault of Ikaia. The bed was very very hard.

Carien H - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carien H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjiese plekkie, die gasvrou was ongelooflik, op hoogtye gehou reg deur bespreking en tydens verblyf daar. Sal definitief weer daar gaan oorslaap.

Baie netjiese plekkie, sommer met die intrap baie welkom gevoel. Puik diens.

Liz K - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liz K
Gesin met tieners

Uiters gerieflik en netjies.

Ons was baie aangenaam verras, die onderdak braai-area was heerlik, alles was netjies en skoon, gasvrou uiters vriendelik en behulpsaam, dit was perfek vir ons oornagverblyf, ons was 5 volwassenes.

Petra T - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Petra T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was 'n lekker rusplek.

Ons was lekker verras met 'n lugverkoelde kamer na ons warm reis. Daar was 'n probleem met ons kamer se sleutel, maar dit is onmiddellik uitgesorteer, ons was baie beïndruk!

Lydia O - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lydia O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Awesome.

Uitstekende verblyf. Diens baie goed. Netjies en skoon.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Lydia, dankie, jy is self 'n 5 stergradering vir jul ongelooflike vriendelikheid en waardering ook teenoor wat jul ontvang het!
Dit beteken vir ons so baie.

Mooi 2019 verder vir julle!

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Mariaan J - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Mariaan J
Saam met vriende

Netjies en bekostigbaar.

Die dekor is uniek en eie aan Carnarvon, tevrede met verblyf en braaigeriewe.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Mariaan, baie baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Dit beteken altyd vir ons baie. Dit is vir ons heerlike om sulke vriendelike en waarderende gaste te ontvang in ons plekkies. Mense wat so mooi na alles omsien. Hoop en vertrou dat ons weer vorentoe sal sien. Vriendelike groete. Marie

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Mia B - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mia B
Gesin met klein kinders

Die eenheid was gerieflik skoon en het alles gehad om ons verbly gerieflik te maak.

Cornelia het ons vriendelik ontvang, alles gewys en seker gemaak dat ons alles het wat nodig was voor sy ons verlaat het. Mens kon sien dat sy werklik die gaste se belange op die hart het. Ons sal beslis weer daar tuisgaan. Hulle diens is beslis 5 ster.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Mia,

Baie baie dankie vir jou vriendelike, woorde. Dit is altyd vir my heerlik om sulke kommentaar te kry en te weet ons gaste lekker gebly het. Hopelik sien ons weer vorentoe. Dit sal n voorreg wees om julle weer hier op Carnarvon te ontvang!

Marie

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Philip B - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Philip B
Gesin met klein kinders

Clean, neat and tidy!

No complaints, got what we expected! - Clean, neat and tidy!

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Phillip, dankie vir jul pragtige en opbouende terugvoering. Dit word regtig opreg waardeer. Ons ou plekkies is mos maar net vir oornag en nie kuier en strandhuis verblyf nie, des te meer ons dank aan julle dat jul tevrede was met ons Karoo-verblyf. Vrede vir julle.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Jeanne D - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Jeanne D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Netjies, verrassend.

Pragtige plek met alles nodig en baie interessant.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Baie, baie dankie vir die pragtige terugvoer wat ons ontvang het! Wens julle net die mooiste toe en vertrou dat ons vorentoe weer vir julle n plekkie beskikbaar sal hê.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Johandi S - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Johandi S
Saam met vriende

Oulike, netjiese akkommodasie.

Baie vriendelike personeel met persoonlike aandag.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Johandi, julle weet nie hoe waardeer ons dat julle moeite doen om terugvoer te gee nie. Dis dierbaar en beteken vir ons baie.

Hoop ons sien weer!

Groete,
Marie

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Elsabe M - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Elsabe M
Gesin met klein kinders

Sub-standaard.

Ons het nie die beste ervaring gehad nie. Die beddens was maar oud en het vreeslik geraas as mens omdraai. Die bure agter ons kamer het 'n skaap geslag langs die venster in 'n kruiwa wat vreeslik gestink het en veroorsaak het dat die buurt se honde aan die blaf geraak het. Die honde het lawaai tot in die vroeë oggendure. Dit is buite die beheer van die gastehuis-eienaars maar ons sal nie weer daar oornag nie. Die eenheid was skoon.

Eileen V - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Eileen V
Gesin met tieners

Oornagverblyf na vakansie.

Rustige, netjiese verblyf vir enige reisiger!

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Eileen, baie dankie vir jou vriendelike en positiewe terugvoering. Dit is so verblydend dat julle tyd inruim om vir ons terugvoering te gee. Ons is so bly julle het rustig oornag. Ons wens julle 'n pragtige 2017 toe. Groete, Marie.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Priscilla T - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Priscilla T
Gesin met klein kinders

Skoon en netjies, en Marie doen baie moeite om jou gemak te verseker.

Dit was 'n aangename verrassing en ons sal enige tyd weer hier bly, dankie.

Nico J - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Nico J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Verblyf gerieflik, en goed ontvang.

Die verblyf is gerieflik, goed ontvang, maar lugverkoeler werk nie na behore nie. 'n Algemene kennisgewing moet saam met bespreking uitgereik word dat die besoeker waterprobleme mag ondervind, dit affekteer definitief die stortproses. Dit is egter nie beperk tot die spesifieke verblyf nie, aangesien ons ander vakansiegangers ontmoet het wat in ander verblyf dieselfde probleem ondervind het.

Ilse K - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ilse K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Aangenaam en tegemoetkomend.

Baie dankie vir goeie kommunikasie en heerlike verblyf.

Douw K - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Douw K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Besondere gasvryheid.

Ons is baie welkom laat voel. Het baie lekker gebly.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Douw, baie dankie vir jou terugvoer. Dit is altyd so lekker as mense tyd maak om ietsie te laat weet. Dit was heerlik om julle te ontvang. Ek hoop en vertrou ons sien mekaar weer hier in die Karoo!
Vriendelike groete.
Marie Jacobs

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Elsabe E - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elsabe E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekend. Deur en deur die moeite werd gewees.

Ons was baie vriendelik ontvang en het dadelik baie tuis gevoel.

Lourens E - Aug 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lourens E
Gesin met tieners

Ons het baie lekker gebly!

Ons is gasvry ontvang en het baie lekker gebly!

Sandra B - Apr 2016
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Sandra B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Verblyf is netjies en skoon.

Verblyf is netjies en skoon, maar die matras op die dubbelbed is nie van goeie gehalte nie.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Jammer vir julle ongerief.
Dankie vir ondersteuning.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Hannes V - Apr 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Hannes V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goed ontvang en vriendelik.

Sien gerus die sterre.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

JJ, baie jammer dat ek jul nie kon ontvang tydens jul 2 besoeke nie. Ons is baie dankbaar vir jul positiewe terugvoer en ek dra ook die mooi woorde aan my assistent oor.
Vriendelike groete.
Marie

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Anne-marie H - Apr 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anne-marie H
Gesin met tieners

Heerlik, net te kort gewees!

Baie netjiese gastehuis met alles in wat jy nodig het! Tweede keer wat ons daar gebly het. Sal definitief nie op 'n ander plek bespreek nie. Baie goed geleë sonder geraas of die inmenging van ander mense.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Anne-Marie, baie dankie vir jou vriendelike terugvoer. Dit is vir ons baie spesiaal dat jul ons selfsorg eenhede verkies vir jul verblyf op Carnarvon!! Groot waardering .

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Danie F - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Danie F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Onverbeterlik.

Ontvangs was baie vriendelik en behulpsaam. Stil omgewing en veilige parkeerplek! Die eenheid was pragtig en skoon met als wat mens nodig het!

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Christene, goeie more.
Baie dankie vir jou vriendelike en positiewe terugvoer. Ons waardeer dit so dat jul moeite doen om terugvoer te gee.
Dit beteken vir ons baie.
Geniet n veilige reis en ons vertrou ons sien mekaar weer in die toekoms.
Marie Jacobs. Eienares

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Anton C - Feb 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Anton C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Het baie lekker in 'n skoon plek gebly.

Gasvrou was baie vriendelik en behulpsaam.Goeie waarde vir geld sal Ikaia Africa Lodge aanbeveel.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Beste Anton,

Baie dankie, waardeer dat julle tyd inruim om terugvoer te gee asook die vriendelike en positiewe kommentaar. Allerbeste wense vir julle. Hopelik sien ons weer in die toekoms!

Vriendelike groete,
Marie Jacobs - Eienares

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Charlise D - Des 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Charlise D
Saam met vriende

Dit was aangenaam.

Die personeel was onmiddellik daar toe ons op gedaag het. Die huisie self was baie netjies en skoon gewees. Lekker plek om te oornag vir 'n aand.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Charlise baie dankie vir jou pragtige positiewe terugvoer.Dit doen ons Karooharte goed om vir jul stadsmense n rustige huislike plekkie te gee om skoene uit te skop na n ver rit. Geniet n wonderlike Feestyd en vakansie!

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Lourens K - Jan 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lourens K
Enkelreisiger

Uitstekend!

Uiterse goeie waarde vir geld en persoonlike aandag word gegee.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Louw dankie dat ons hierdie heerlike terugvoer van julle kon ontvang. Bid jul almal n wonderlike Feesseisoen toe.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Henk V - Des 2014
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Henk V
Gesin met klein kinders

Heerlik hartlike verwelkoming wat ons dadelik tuis laat voel het.

Marie het uit haar pad gegaan om ons tuis en welkom te laat voel en by te staan met raad en daad. Ons is gasvry ontvang en het 'n heerlike ontspanne tydjie deurgebring na 'n baie lang reis. Ek persoonlik sou verkies dat die derde bed nie in die hoofslaapkamer staan nie, maar verstaan ook dat daar geen alternatief is t.o.v. beskikbare plek nie. Heerlik gebly en sal definitief weer daar tuisgaan as ons deur Carnarvon reis.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Dankie Henk ook vir jou begrip. Ons probeer maar vir families plek maak soos n ouerpaar en met 1 of 2 kinders. Woonstelle het maar meestal net 1 slaapkamer. Gelukkig is alles duidelik uiteengesit hoe elke woonstel lyk op die webtuiste en kan gaste sien wat hulle bespreek en waarvoor hulle hul inlaat. As dit onduidelik is, is navrae ook altyd goed. Wens jul n mooi Kersseisoen toe.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Martie N - Sep 2014
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Martie N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Regtig waarde vir geld en egte Karoo-gasvryheid.

Netjiese, gasvrye verblyf. Kan dit aanbeveel.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Dankie Martie dat jy moeite gedoen het om terugvoer te gee. Dit verbly ons Karooharte.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Marelize M - Jan 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Marelize M
Gesin met klein kinders

Glad nie wat ons verwag het nie, maar presies wat ons wou hê.

Dit was skoon, netjies en gerieflik. Ons sal enige tyd weer teruggaan soontoe. Dankie!

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Dankie Marelize. Heerlik om kans te kon kry om jou positiewe terugvoer te kon lees. Wens jul n feestelike Kersseisoen toe.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Lionel P - Jan 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lionel P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker oornag, sal altyd aanbeveel.

Baie goed, sal definitief Ikaia Africa Lodge weer gebruik.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Dankie Lionel.
Wens jul n feestelike Kersseisoen toe.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Richard V - Des 2013
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Richard V
Gesin met tieners

Puik!

Baie lekker!

Theo H - Des 2013
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Theo H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goed ingerig.

Die uitleg en die melk in die yskas en ontbytgraan op die rak maak dit 'n plek om weer by uit te kom. Die dekor en privaatheid van die eenheid is baie goed. Ek sal weer daar oorbly.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Theo dankie.
Wens jul n feestelike Kersseisoen toe en veilige reis waar jul ook heen gaan.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Marina M - Okt 2013
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marina M
Saam met vriende

Was heerlik!

Die opregte warmte en vriendelikheid waarmee jy ontvang word by Ikaia Africa Lodge laat mens voel of jy ou vriende is! Alles wat jy nodig het is daar. Baie veilig.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise's terugvoer

Dankie Marina.
Kersseisoen is hier en ons wens julle n aangename Feesseisoen toe.
Veilige reise.

Ikaia Africa Lodge - Out of Africa Gastehuise
Vanaf R880
per nag (plek vir 2)
Vanaf R880
per nag (plek vir 2)
Vanaf R880
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Visserstraat 5, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdkZGFlZGVhLWE0MDktNGEwYS1hZDZiLWE3ZWRhMWQ4N2QwNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R880  per nag (plek vir 2) 33 5 1 5 5 Visser Street Carnarvon 8925 Noord-Kaap 086 999 0018 12:00-21:00 10:00 -30.970765114749 22.12818145752
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!