Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

ILala Country Lodge

  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pontdrift Pad (R572), , Musina, 0900, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

iLala Country Lodge is gebou op 'n koppie wat uitkyk op die Limpoporiviervallei, met 'n panoramiese uitsig oor die reuse kremetartbome en Zimbabwe se heuwels in die verte.

iLala Country Lodge is geleë op die roete na Mapungubwe Nasionale Park en Wêrelderfenisgebied en lê ook in die voormalige Krematartboom-bewarea wat deur Premier Jan Smuts geproklameer is. Vele van hierdie oer-oue bome kan op die landgoed gesien word. Die Noordelike hek na die Krugerwildtuin is 120 km ver en die Musina Natuurreservaat is 15 km suid.

Die indrukwekkende klip- en grasdak-kompleks vorm 'n baken in die omgewing en bestaan uit 6 selfsorg-chalets in 'n inheemse tuin, met 4 gastekamers in die hoofkompleks.

Die selfsorg-chalets bestaan elk uit 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n solderkamer bo met 2 enkelbeddens vir kinders jonger as 16 jaar. Daar is 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort. Die sitkamer is oopplan met 'n TV, lugversorging en plafonwaaiers. Elk het ook 'n toegeruste kombuis en 'n braaiplek buite. Linne en handdoeke word voorsien.

Die 4 gastekamers bied elk 'n ruim slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n solderkamer bo met 2 enkelbeddens vir kinders jonger as 16 jaar en 'n badkamer met 'n stort. Elke kamer bevat tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, TV, lugversorging en plafonwaaiers. Die balkonne bied eindelose uitsigte oor die vallei en omgewing.

Die lodge bied die volgende: 'n groot swembad met 'n lapa en braaigeriewe, veilige parkering, daaglikse ontbyt, voëlkyk, onbegeleide staptogte, daaglikse skoonmaakdienste, wasgoeddiens op versoek, rolstoelvriendelike ingange, 'n lieflike tuin met 'n verskeidenheid inheemse bome en 'n elektriese sekuriteitsheining wat die lodge-area omhein. Musina-lughawe is net 7 km van die lodge af.

iLala Country Lodge is slegs 5 km vanaf die N1-hoofpad tussen Beit Bridge-grenspos en Musina op die R572-pad geleë, en Musina dorp is net 8 km van die lodge af.

Geriewe

  • WiFi

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 16 resensies vir ILala Country Lodge
Netheid
3.9/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Pontdrift Pad (R572), , Musina, 0900, Limpopo
  • Gaste dink ILala Country Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pontdrift Pad (R572), , Musina, 0900, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY2NmEzOWE2LTEyN2ItNDRiNi04M2M0LTk1OWMzNmZiNzA1YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 16 5 1 5 Pontdrift Road (R572) 5 km from N1 0900 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -22.335647218768 29.980707764626