Illyria House Boutique Hotel and Spa

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 28 Okt 2019 tot 31 Des 2019.

Beskrywing

Illyria House Boutique Hotel and Spa bied 'n betowerende, koloniale ervaring en gaste betree 'n romantiese sprokieswêreld agter smeeysterhekke en word begroet deur diensknegte in wit handskoene. Klassieke musiek, antieke meubles en muurbehangsels uit die sewentiende eeu dra by tot die perfekte atmosfeer.

Illyria House is sentraal geleë met maklike toegang tot O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Pretoria se Gautreinstasie en Capital Park-stasie. Verblyf word gebied in 12 suites, eksklusief gemeubileer in wit en room dekor met antieke meubels en geborduurde katoenlinne. Elke suite het lugversorging, privaat badkamer, TV met sekere DStv-kanale, telefoon, yskassie met voorraad, tee- en koffiemaakgeriewe, haardroër, japon en pantoffels. Daar is toiletware in die badkamer wat roosblare, kerse en wierook insluit. Daar is ook 'n DVD-speler met verskeie DVD's beskikbaar.

Die Aquarius Wellness Spa bied heerlike gesondheidsbehandelings in die geheime tuin. Die vollyfmassering is baie gewild. Daar is 'n buite-Jacuzzi en die sauna-kamer is heerlik om in te ontspan. Daar is 'n binnehof met 'n verhitte swembad met onderwatermusiek, asook elegante somerhuisies. Gaste kan ook in die afgeleë tuin ontspan, voëls dophou en piekniek hou. Die konservatorium is die perfekte plek vir middagtee.

Illyria House bied geriewe vir troues met verskeie seremonie- en onthaal-venues. Daar is ook verskeie funksie-venues en spyskaart-opsies, soos 'n koloniale of Marokkaanse tema, met spyskaarte wat die dekor komplimenteer. Verjaarsdagpartytjies en korporatiewe funksies kan deur ons gereël word. Dit is ook die ideale plek vir spanbou en 'n korporatiewe wegbreek. Aandete kan op die veranda geniet word met 'n uitsig oor die lantern-beligte tuin. Aanddrag is natuurlik elegant om by die huis se tradisie te pas. Op sekere aande kan gaste na wêreldklas-musikante luister, van klassiek tot jazz.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Illyria House Boutique Hotel And Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 R2 550 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af. Geldig vanaf 28 Okt 2019 tot 31 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za