Induna Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Induna Lodge bied sakpasverblyf in die hartjie van Groenpunt, na aan die Kaapstad Stadion. Die lodge is veral gewild onder sakereisigers en groepe wat op soek is na langtermynverblyf.

Die dubbelverdiepinghuis is stylvol opgeknap vir gastehuis-verblyf en ons bied 10 slaapkamers. Ons bied die gemak en geriewe van 'n volledig gemeubileerde gastehuis met 'n daaglikse skoonmaakdiens en ontbyt, wat ingesluit word by die tariewe. Jy kan uitsien na gerieflike, medium-grootte kamers van die hoogste standaard wanneer dit kom by netheid. Daar is enkel- en dubbelkamers beskikbaar. Elke kamer het WiFi, 'n TV, kraakvars linne en handdoeke.

'n Basiese Engelse ontbyt met spek, eiers, muffins en vrugtesap word bedien in die oggend. Koffie- en teemaakgeriewe is ook beskikbaar. 'n Basiese, vasgestelde spyskaart vir aandete is beskikbaar mits die vooraf gereël word. Ontspan gerus op ons dek en kyk uit oor die swembad. Daar is ook braaigeriewe vir jou gebruik.

Die lodge bied 'n beperkte hoeveelheid parkeerplekke. Die omgewing is vreedsaam en daar is 24 uur-sekuriteit. Ons vriendelike personeel by die hoofkantoor is altyd beskikbaar om jou by te staan met toer- en reisinligting.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Induna Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za