Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ingwe Gastehuis

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Louwstraat 3, Sonheuwel, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R699 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ingwe Gastehuis is langs parkgronde in Mbombela (Nelspruit) geleë met 'n pragtige uitsig oor die omliggende bosveld. Te danke aan die warm klimaat die hele jaar lank is Ingwe 'n fantastiese vakansiebestemming.

Daar is verskillende gastekamers. Al ons kamers het lugversorging, 32"-TV's met Open View-kanale. Daar is 'n lapa met 'n braai-area en 'n swembad met 'n sondek. Maak ook gerus gebruik van die oop braaiplek langs die swembad. Veilige parkeerplek is beskikbaar agter afstandbeheerde sekuriteitshekke en elektriese heinings. Die enorme 2500 m²-rots aan die agterkant van die gastehuis bied 'n uitsig oor die hele dorp en is 'n uitstekende piekniekplek.

Ingwe Guesthouse is binne stapafstand van 12 verskillende restaurante af, sowat 1 km van MediClinic en 500 meter van Rob Ferreira-hospitaal af. Daar is 'n groot winkelsentrum met 'n casino en rolprent-teater naby ons.

Besienswaardighede in die omgewing:
Die Innibos-fees, wat elke Julie gehou word (800 m), botaniese tuine (4 km), Mbombela Sokkerstadion (5 km) en die Sudwala-grotte en dinosouruspark (35 km). Verskeie pragtige watervalle (sowat 11) net 'n entjie se ry van ons af. Dié besienswaardighede is almal binne 'n radius van 60 km van ons af en jy kan dus roetes vir daguitstappies beplan, veral na God's Window, Bourke’s Luck Potholes, die Drie Rondawels en die Mac Mac-valle toe.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 31 resensies vir Ingwe Gastehuis
Netheid
4.4/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Louwstraat 3, Sonheuwel, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink Ingwe Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R699
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R699
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Louwstraat 3, Sonheuwel, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI0MmZiZjI1LTMzNjAtNGM2Yy1hYjI4LWNlYjE4Yjk2ZThmNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R699 per nag, vir 2 mense 31 5 1 5 3 Louw Street Sonheuwel 1200 Mpumalanga 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -25.484505617997 30.970697700977