Inkwazi Game Breeders
- Kapasiteit: 19 persone
-
Inkloktyd: 10:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dedimusplaas Erfdeel 3, Waterberge, Naboomspruit, 0530, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Inkwazi Game Breeders is 'n plaas in die Waterberg in Limpopo. Die plaas bestaan uit meer as 1000 hektaar se koppies en oop vlaktes met 'n verskeidenheid wild soos koedoes, impalas, kameelperde en waterbokke.
Verblyf bestaan uit 3 eenhede, naamlik Eagle's Nest, Inkwazi Family Unit en die King Fisher Damhouse. Eagle's Nest is 'n knus houthuisie met slaapplek vir 4 gaste op die dam. Die eenheid het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n bad. Daar is 'n kombuis wat met eetgerei, breekware, mikrogolfoond, oond, stoof, yskas en 'n vrieskas toegerus is. Daar is ook buitebraaigeriewe.
Die Inkwazi Family Unit bestaan uit 4 chalets met slaapplek vir 9 gaste. Die chalets sluit die Eagle-kamer met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, die Cheetah-kamer met 'n dubbelbed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, die Zebra-kamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en die Kudu-chalet met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Daar is ook 'n kombuis, sitarea, eetarea en 'n braai-area.
Die knus King Fisher Damhouse is reg voor die groot visdam met 'n uitsig op die koppie. Die drieslaapkamerhuis het 2 badkamers met 'n bad en/of 'n stort elk. Twee van die slaapkamers het 2 enkelbeddens elk en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is ook 'n kombuis wat met basiese eetgerei, breekware, ketel, mikrogolfoond, stoof, yskas en vrieskas toegerus en daar is ook braaigeriewe.
Troeteldiere is welkom op versoek en daar is selfsorggeriewe, 'n gastesitkamer, Jacuzzi en 'n braai-area. Gaste is welkom om op die perseel perd te ry, voëls te kyk, bergfiets te ry, wildritte te geniet en vis te vang. Gaste kan ook deelneem aan die plaasaktiwiteite.
Aktiwiteite in die omgewing sluit perdry, voëlkyk, wildritte, wildkyk en visvang in.
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Dedimusplaas Erfdeel 3, Waterberge, Naboomspruit, 0530, Limpopo
- Gaste dink Inkwazi Game Breeders het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 19 persone
-
Inkloktyd: 10:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dedimusplaas Erfdeel 3, Waterberge, Naboomspruit, 0530, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom