Inn Afrika Bed & Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Inn Afrika Bed & Breakfast is 'n luukse B&B wat in Kloof, 'n lowerryke topklas-buurt en 'n dorpie in die groter Durban-area, geleë is. Die B&B word bestuur vanuit een van Kloof se oorspronklike grasdak-plaashuise wat opgeknap is en baie mooi onderhou word. By In Afrika word besondere aandag aan detail en die gemak van gaste geskenk.

Verblyf is beskikbaar in 4 bekoorlike, luukse gastekamers. Alhoewel die grootte van die kamers wissel, is elkeen smaakvol gemeubileer, sonnig en goed belug en elkeen het 'n aparte ingang. Al die kamers het 'n plafonwaaier, DStv (Hotelpakket), 'n yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n haardroër. WiFi kan orals op die perseel opgevang word.

Daar is 'n gesellige gastesitkamer met 'n kaggel en 'n eetkamer waar ligte of groot ontbyte bedien word. Gaste kan ontspan by die swembad wat langs 'n voëlryke, subtropiese tuin geleë is of ekstra energie afwerk op die tennisbaan.

Kloof 'n prentjiemooi buurt en is sowat 550 m bo seespieël geleë. Dit bied 'n goeie versameling restaurante, kroeë, 'n gimnasium, verskeie winkels, 'n gholfbaan en wonderskone staproetes in die natuur. Die klimaat is koeler as dié van die res van Durban en word as een van die beste klimate ter wêreld geag.

Let asseblief daarop dat die swembad nie met 'n net bedek is nie en dat kinders dus te alle tye deur hul ouers dopgehou moet word.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Inn Afrika Bed & Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za