Innibos

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Innibos is 'n lieflike huis in Marlothpark en bied fantastiese verblyf aan natuurliefhebbers. Die huis is omring deur die bosveld waar die wilde diere heeldag beweeg. Daar is 'n klein winkelsentrum naby die huis met 'n restaurant, vulstasie en vele meer.

Verblyf bestaan uit 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en maak gebruik van 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met alles wat nodig is vir selfsorg en daar is 'n leefkamer met gemaklike sitplek. Daar is ook 'n patio met braaigeriewe.

Verder is daar 2 openbare swembaddens in die omgewing waar gaste kan afkoel. Geniet die rustigheid van die natuur, loop op die grens van die Krugerwildtuin of geniet 'n skemerkelkie terwyl jy na die diere kyk wat by die Krokodilrivier bymekaar kom.

Slaapplek

'n Bespreking by Innibos sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Innibos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za