Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

InnJoy Boutique Hotel

Hotel
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Shirley-weg 1033, Eldoraigne, Centurion, 0157, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

InnJoy is ontwerp en gegradeer as 'n 4-ster-boetiekhotel. Dis gerieflik geleë in Centurion en naby die industriële- en sakedistrik. Van hier af het gaste maklike toegang tot die hoofweë, 3 lughawens, Supersport Park, gimnasiums, Zwartkop Gholfbaan, 3 winkelsentrums en vele ander opwindende venues.

Gaste kan tussen 3 kamersoorte kies, naamlik die luukse kamer (dubbel), presidensiële suite of luukse woonstel. Alle kamers het perkallinne en is individueel versier en stylvol gemeubileer in 'n klassieke, elegante styl met hout en graniet. Die en suite-badkamer spog met handgemaakte afrondingswerk en 'n volledige reeks toiletware asook sagte, wit handdoeke.

Die stylvol gemeubileerde presidensiële suite is perfek vir paartjies. Ingerig met 'n hemelbed, spa-bad, dubbelstort en privaat balkon. Die personeel kan 'n volledige romantiese atmosfeer skep met kerse, vonkelwyn, aarbeie wat in sjokolade gedoop is en truffles.

Uitstekende kookkuns is die hoogs gekwalifiseerde sjef se spesialiteit. Elke dis word noukeurig voorberei en pragtig voorgesit. 'n Volledige ontbyt-buffet is elke oggend beskikbaar. Ligte etes word op versoek en teen 'n ekstra koste bedien. Die à la carte-aandete word in die eetkamer bedien van Maandag tot Donderdag. Daar is veilige parkeerplek en WiFi beskikbaar.

Vir sakereisigers bied Innjoy toegeruste kantoor- en konferensiegeriewe. Daar is 'n internet-stasie beskikbaar of gaste kan in die gemak en privaatheid van hul slaapkamers sit en werk. Die konferensiegeriewe is ingerig met 'n goeie klankstelsel, klimaatbeheer, elektroniese projeksieskerm witborde en blaaikaarte, 'n TV, DVD-speler en WiFi.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wildritte

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 18 resensies vir InnJoy Boutique Hotel
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Shirley-weg 1033, Eldoraigne, Centurion, 0157, Gauteng
  • Gaste dink InnJoy Boutique Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Shirley-weg 1033, Eldoraigne, Centurion, 0157, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgwNWRiMmI0LTc3ZTYtNDNjOS05OGJkLWFkZDc3YWI1NTNjYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2) 18 5 1 5 1033 Shirley Road Eldoraigne 0157 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.843177826217 28.161546438932