Sondagsriviervallei Akkommodasie by Intaka Lodge | LekkeSlaap
+26

Intaka Lodge

4 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 4 resensies vir Intaka Lodge
Netheid
4.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.3/5
Yvonne P - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yvonne P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties.

Wat 'n pragtige plek! Die natuurskoon rondom die Lodge is asemrowend. Paul en Retha het ons gul ontvang, en het ons so tuis laat voel vanaf ons aankoms tot ons vertrek. Ons tuin chalet was so lekker ingerig, silwerskoon beddegoed en breekgoed. Niks was vir hulle moeite nie. Hulle pizza-aande was absoluut een van die hoogtepunte van ons vakansie. Almal by die lodge was vriendelik en dit het gevoel of ons deel van 'n groot gesin was. Baie dankie Paul en Retha, ons sal vir seker weer vir julle kom kuier.

Yvonne M - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Yvonne M
Gesin met tieners

Lekker gerus. Eenhede wat daagliks gediens word is 'n pluspunt. Die eienaars Retha en Paul, was baie vriendelik en behulpsaam. Mooi omgewing en uitsig oor die vallei.

Dit is baie warm! Die feit dat daar nie lugverkoeling is nie, was vir ons 'n probleem. Ons moes vra vir 'n waaier. Grootste klagte: daar is drie groot honde, waarvan 2 boerboelle is, op die perseel. Hulle loop los rond. Ons nie baie gemaklik met groot honde nie. Ons sou graag meer wou stap op die gronde, maar was skrikkerig vir die honde omdat hulle blaf en knor, veral as die eienaars nie naby is nie. As ek klein/jong kinders gehad het sou ek nie gemaklik gewees het om hulle alleen naby die honde te laat speel nie. Die eienaar is baie lief vir hulle diere en daarom voel ons dit nie gepas om daaroor te kla nie. Andersins sou ek mense aanbeveel na Intaka Lodge vir 'n rustige vakansie in 'n mooi omgewing.

Intaka Lodge's terugvoer

Ai, dit is vir my 'n bitter pil om 'n negatiewe resensie te ontvang. Ek is 'n kat mens en het nooit honde gehad totdat daar 2 keer by ons ingebreek is en ons buur vrou gemolesteer is deur 3 mans en gelos is vir dood nie. Ek en my man is albei pensionarisse en is baie stok siel alleen op Intaka, so ons val maar in die groep van plaas/oumense wat geteiken word. Om enigsins vir ons beskerming te gee moet my honde vrylik kan rond beweeg. Ek is vreeslik jammer dat dit vir julle 'n probleem was, maar dit verskil maar van mens tot mens en gelukkig het al die ander gaste geen probleem daarmee gehad nie.

Sover die hitte aanbetref, verskaf ons altyd waaiers, maar soos julle wel weet, het julle hier gearriveer nadat my staf reeds huis toe is en kon ons eers die volgende oggend uitvind waar die waaier is wat in julle eenheid bedoel was.

Ek wil weereens om verskoning vra en hoop dat julle in die toekoms meer genotvolle vakansies sal hê.

Intaka Lodge
Inge S - Feb 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Inge S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit is 'n rustige, informele gastehuis en sal as 'n goeie basis dien om die res van die omgewing vandaan te verken.

Die fasiliteite bestaan uit verskeie slaapkamers wat 2 tot 4 gaste kan akkommodeer. Daar is 'n gemeenskaplike sit- en eetkamer met 'n pragtige uitsig oor die vallei. Daar is ook 'n swembad vir die gaste se gerief. Ons het slegs een aand oorgeslaap en sou dit as 'n goeie basis aanbeveel om die res van die omgewing te verken. Angelique het ons soos ou bekendes verwelkom en sy het ons dadelik tuis laat voel. Ek is baie dankbaar dat daar 'n groter kamer beskikbaar was sodat ons seun die kamer met ons kon deel. Die kamer en badkamer was ruim en modern. Die linne is nuut en skoon en ons het heerlik geslaap. Die ontbyt wat die volgende oggend bedien is het bestaan uit vars vrugte, joghurt en muesli asook 'n vol 'Engelse ontbyt' wat vars en keurig bedien is. Retha het ons ook Sondagoggend kom groet en haarself aan ons bekend kom stel.

Sandy B - Des 2012
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Sandy B
Gesin met klein kinders

A truly beautiful setting and wonderful hospitality

The setting for Intaka is beautiful, and the accommodation was very comfortable and had a home away from home ambiance. Retha went out of her way to make us feel welcome and comfortable. The children loved the environment as there was so much to explore and plenty of space to play. Due to unforeseen circumstances we had to cut our trip short, but were very sad to do so.

Vanaf R1 150
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 150
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 150
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Intaka Lodge, Salemweg, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU4OWI2NTM5LWI0NzEtNDM2Yy1iMjY3LWEyNDYxN2ZkNWEyMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 150  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 Intaka Lodge Salem Road 6191 Oos-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -33.570847174232 26.602499171299
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za