Into The Pride

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Into the Pride is in die middel van Marloth Park in Mpumalanga in Suid-Afrika geleë. Marcell Coetzee, flank vir die Springbokke en die Sharks, is die trotse eienaar van hierdie pragtige wegbreekplek.

Hierdie selfsorg-vakansiehuis beskik oor 6 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer, 'n kluisie en 'n privaat dek wat oor Marloth Park uitkyk. Elke slaapkamer bied 'n unieke Afrika-ervaring siende dat elkeen volgens 'n Groot 5-tema versier is. Elke badkamer beskik oor 'n stort, bad en 'n wasbak. Vir die gaste wat meer avontuurlustig is, is daar ook 'n buitestort met warm én koue water.

Die hoofslaapkamer op die boonste vloer beskik oor 'n koninggrootte-bed. Daar is 5 slaapkamers op die onderste vloer. Die Lion-kamer en die Leopard-kamer beskik albei oor koningingrootte-beddens. Die Elephant-kamer het 'n dubbelbed. Die Buffalo-kamer het 2 driekwartbeddens en die Rhino-kamer het 1 driekwartbed. Die huis het slaapplek vir 11 mense met 'n ekstra bed in die motorhuis met slaapplek vir 1 persoon.

Die kombuis is ten volle toegerus met eetgerei vir 12 mense. Verder het die kombuis ook toebehore soos 2 yskaste en 1 vrieskas. Daar is 'n ruim leefkamer met gemaklike sitplek vir 12 mense en 'n groot platskerm-TV vir jou kykgenot. Daar is 'n dek op die onderste vloer met 'n tafel en 8 stoele. Die dek bied toegang tot 'n swembadjie waar gaste kan afkoel, 'n gasbraai en 'n ingeboude braaiplek. Daar is ook 'n vertoonkas vol van Marcell Coetzee se Springbok-gedenkwaardighede vir kranige rugby-liefhebbers se genot.

Daar is 'n toesluitmotorhuis vir 1 voertuig en 'n alarmstelsel wat deur 1 van die 3 sekuriteitsmaatskappye in die park gemonitor word. Die huis maak voorsiening vir alles wat gaste moontlik gedurende hul verblyf kan nodig kry. Gaste word wel aangemoedig om hul eie handdoeke saam te bring. Daar is hout en ys te koop op die perseel.

Die Boma is vreeslik gewild onder gaste. Laataand word daar gesellig gekuier en stories vertel om die vuur terwyl mens luister hoe die leeus in die verte roep. Op warm dae kan gaste ook in die swembadjie afkoel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Into The Pride gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 400 per nag (vir 11 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za