Isikulu 29

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Isikulu 29 is 'n sonnige, moderne selfsorg-woonstel in die veilige Isikhulu-kompleks aan die seekant van Umdloti-noord. Dié kompleks het onbelemmerde see-uitsigte en is ook naby winkels, restaurante en ander geriewe geleë.

Isikulu 29 bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en sitkamer. Die slaapkamers het lugversorging.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof en 'n oond, yskas-vrieskas, kleiner toebehore, 'n wasmasjien en 'n ontbythoekie met stoeltjies. In die sitkamer is daar lugversorging en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Die leefarea bied toegang tot 'n balkon met stoepmeubels, braaigeriewe en pragtige see-uitsigte.

Die Isikluhu-kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en uitstekende sekuriteit met 'n hek wat 24 uur per dag beman word en 'n elektriese heining. Onderdak-parkeerplek is beskikbaar en daar is ook ekstra gaste-parkeerplek.

Slaapplek

'n Bespreking by Isikulu 29 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Isikulu 29 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za