Isiyala, A Forever Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Isiyala, a Forever Lodge is 'n 3-ster-lodge op die rustige en bosagtige Ruby Cliff Horse Ranch van 780 ha. Dit is tussen Middelburg en die Loskopdam in Mpumalanga. Dit is perfek vir gaste wat 'n vakansie- of sakewegbreek soek.

Verblyf by Isiyala bestaan uit 10 grasdak-eenhede. Die eenhede is ruim en gerieflik versier, en beskik elk oor 2 enkelbeddens óf 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad, wasbak en toilet. Die eenhede het ook geriewe soos 'n TV met sekere DStv-kanale, en gemaklike sitplekke met koffie- en teemaakgeriewe.

Gaste kan die heerlike maaltye by die restaurant in die hoofgebou geniet en verskeie drinkgoed by die kroeg langs die swembad bestel.

Vir die sakereisigers is daar 'n konferensielokaal wat 10 afgevaardiges kan akkommodeer en dit kan ook gebruik word vir sosiale geleenthede of funksies. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir motors en die lodge is na aan verskeie besienswaardighede, geriewe en doendinge. En daar is meer as 100 spesies voëllewe op jou voorstoep.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Isiyala, A Forever Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R740 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za