LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Ithabiseng Guest Farm | LekkeSlaap
+71

Ithabiseng Guest Farm

1 resensie
Gastehuis
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 6 Noophulp, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Ithabiseng Guest Farm is 'n unieke gasteplaas in die hartjie van Limpopo se ongerepte grasvelde naby die voetheuwels van die skilderagtige Waterberge. Ithabisèng is Noord-Sotho vir "geniet dit".

Dié klein gasteplasie van 8,5 ha bied 'n tuiste aan allerlei voëlsoorte, 'n groot verskeidenheid reptiele, soogdiere en insekte, en 'n troppie rooibokke en blesbokke. Daar is ook vriendelike troeteldiere wat jou sal welkom heet.

Die omgewing het 'n matige winterklimaat met 'n gemiddelde van 286 sonnige dae per jaar en is ook malariavry. Gaste kan dus heerlik op die plaas rondloop en die pragtige subtropiese tuin geniet.

Ons bied 4 selfsorgkothuise wat heerlik privaat is vir 'n gesin. Die kothuise se aardse meubels sal menige reisiger bekoor. 'n Daaglikse skoonmaakdiens en toegang tot wasgoedgeriewe is beskikbaar op aanvraag.

Gaste kan verskeie wildspesies vanaf die kothuis se stoep besigtig of in die bosveld gaan stap. Die gesin kan lekker by die swembad ontspan en 'n pooltafel, foosball en veerpyltjiebord is beskikbaar. Vir klein kindertjies is daar 'n speelhoekie met 'n klimraam, swaaie, glyplank, sandput en 'n versameling buite-speelgoed en -speletjies.

Geniet 'n skemerkelkie wyl jy die son sien sak of sit onder die sterre by die vuurmaakplek. Los jou sorge by die huis en kom geniet die Bosveld-stilte.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Ithabiseng Guest Farm
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Erf 6 Noophulp, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Ithabiseng Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 6 Noophulp, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAASQ8Fuqc3vDAd2tDeb6xJA5jCChw4CUbGgcz1hHTUx1cNbNZFh1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 Plot 6 Noophulp Bela Bela 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -24.904294645136 28.263625133591
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!