Sonnedal Akkommodasie by Ivy Apartments | LekkeSlaap
+16

Ivy Apartments

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boundary-weg, Jackal Creek Gholflandgoed, Roodepoort, 2040, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ivy Apartments is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel vir paartjies of sakereisigers op die lieflike Jackal Creek Gholflandgoed.

Dié woonstel is op die tweede vloer en beskik oor 2 slaapkamers wat 'n badkamer met 'n bad deel. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n mikrogolf, stoof, oond, yskas, asook koffie- en teemaakgeriewe en 'n etenstafel. Daar is 'n leefarea en WiFi is ook beskikbaar.

Die woonstel word daagliks skoongemaak. Beddegoed en handdoeke word vervang vir gaste wat langer as 5 dae bly. 'n Wasgoeddiens is beskikbaar op versoek teen 'n addisionele koste. Kinders jonger as 12 jaar kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.

Gaste het toegang tot die restaurant, gholfbaan, swembad, tennis- en muurbalbane. Doendinge soos stap en fietsry kan ook op die landgoed gedoen word.

Ivy Apartments is 4 km vanaf die Ticketpro Dome, 12 km vanaf Monte Casino en 19 km vanaf Lanseria Internasionale Lughawe.

Slaapplek

’n Bespreking by Ivy Apartments sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Boundary-weg, Jackal Creek Gholflandgoed, Roodepoort, 2040, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boundary-weg, Jackal Creek Gholflandgoed, Roodepoort, 2040, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAhmiTdwdSC09Tvt8WP8h5pZpLOJrTuAqDFIYwUNqbYdnBoWfMDS?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (plek vir 4) Boundary Road Jackal Creek Golf Estate 2040 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.059789962174 27.926291182834
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za