Jacobsbaai Selfsorg Eenhede

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jacobsbaai Selfsorg Eenhede bied gehalte-verblyf in Jacobsbaai.

Daar is 3 aparte eenhede beskikbaar, (Vinkel, Koljander en Di'Anner).

Elkeen is smaakvol gemeubileer met gehaltelinne. Elke eenheid het sy eie slaapkamer, badkamer, kombuis, leefarea en eie braaigeriewe. Ideaal vir 'n paartjie of klein gesin of selfs gesinne wat saam vakansie wil hou, maar hul eie geriewe en privaatheid verkies. Twee van die eenhede kan aaneenskakel en is dan ook geskik vir 2 families wat graag wil deel, maar hul eie privaatheid wil hê.

Vinkel het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders onder 7 jaar. Die slaapkamer het 1 koninggrootte-bed en daar is 'n slaapbank in die leefarea met slaapplek vir 2 kinders. Die badkamer het 'n groot bad, stort, toilet en wasbak. Badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring. Die kombuis is modern en ten volle toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof met oond, ketel en broodrooster. Daar is ook 'n TV met DStv (gasvryheidspakket). Daar is 'n buitebraai op 'n pragtige groot stoep met lieflike see-uitsigte

Koljander bied slaapplek vir 4 mense. Daar is 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Dan is daar 'n dubbel-slaapbank in die leefarea wat slaapplek bied vir kinders of nog 2 volwassenes. Die slaapkamer en leefarea het beide dubbeldeure wat na die patio lei. Badhanddoeke en beddegoed word voorsien. Die kombuis is modern en ten volle toegerus met alles wat gaste nodig sal hê vir selfsorg met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof met oond, ketel en broodrooster. Daar is ook 'n TV met DSTV (gasvryheidspakket) Op die patio is daar braaigeriewe met pragtige see-uitsigte. Die oopplan-eetkamer en sitkamer het voldoende sitplek.

Di'Anner het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n aparte toilet. Die kombuis is modern en volledige toegerus en die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DSt (gasvryheidspakket). Die deure maak oop op 'n stoepie met pragtige see-uitsigte en buitebraaigeriewe. Badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Daar is veilige parkeerplek vir gaste se voertuie.

Ons laat ongelukkig nie troeteldiere toe nie en rook is streng verbode in die eenhede.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jacobsbaai Selfsorg Eenhede gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za