Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jacobs Bay Backpackers

Rugsakreisigerslosies
  • Kapasiteit: 65 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erf 307, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Jacobs Bay Backpackers bied basiese verblyf in Jacobsbaai, halfpad tussen Vredenburg en Saldanhabaai. Hierdie rugsakreisigerslosies is ideaal vir verjaardagpartytjies, intieme troues, rampartytjies, spanbou-wegbreke of om sommer net te kom ontspan. Ons is naby verskeie geriewe en besienswaardighede, soos die Weskus Fossielpark, Weskus Nasionale Park, Paternoster en Langebaan.

Verblyf het slaapplek in slaapsale, A-raam-tente wat van hout gebou is, kampeerplekke, 'n kliphuis, dubbel- en 2-enkelbedkamers. Elk van die kamers het 'n dubbelbed, enkelbeddens of stapelbeddens en daar is gemeenskaplike warmwaterstorte. Gaste is natuurlik ook welkom om gebruik te maak van die gemeenskaplike kombuis wat goed toegerus is vir selfsorg.

Verder is daar braaiplekke binne en buite, 'n ommuurde lapa met 'n platskerm-TV, DStv en 'n klankstelsel. Sakelui sal in hul skik wees met die konferensiegeriewe.

Daar is ook 'n speelarea vir kinders en die kantoor kan vir julle enige plaaslike toere reël. Die winkel verkoop ys, vuurmaakhout en die geskenkewinkel en kuriowinkel verkoop feëtjies, droomvangers en kinderspeelgoed. Die vetplantkwekery verkoop ook 'n verskeidenheid kaktusse, vetplante, inheemse plante en rotskuns. Jacobs Bay Backpackers, The Pixie and Fairy Village, The West Coast Labyrinth en die vetplantkwekery is almal op dieselfde erf.

Parkeerplek is beskikbaar op die perseel. Jacobs Bay Backpackers is lekker naby die strand, winkels, restaurante op die dorp, doendinge en verskeie toere wat gereël kan word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 56 resensies vir Jacobs Bay Backpackers
Netheid
4.0/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.1/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Candice Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 56

Jaar gelys 9

Ligging

  • Erf 307, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jacobs Bay Backpackers het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 65 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erf 307, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaa80dd267c4bc61fa8bfdef6dcae3f2d538903c80ea90e32b9d843dc3e522e10a892cc41d8fc9d2a455c06e3a17ff767f8f5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R300 per nag, vir 2 mense 56 5 1 5 Plot 307 Jacobsbaai 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -32.96282923939 17.894101440788
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem