LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Jacomahof 21 | LekkeSlaap
+27

Jacomahof 21

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 350 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Jacoma Hof 21 is 'n ruim en moderne selfsorgwoonstel in Kusweg in Strand met gedeeltelike see- en berguitsigte. Die woonstel is naby verskeie winkels en restaurante en Strand se pragtige hoofstrand geleë.

Die woonstel beskik oor 'n ruim slaapkamer en bied slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en oorgenoeg kasruimte. Daar is ook nog 2 enkelbeddens in die sitarea met slaapplek vir 'n vierde gas. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en daar is 'n oopplankombuis wat volledig toegerus is met alles wat jy sal benodig vir selfsorg. Daar is 'n eetarea waar gaste hul etes kan geniet. 

Die woonstel is baie volledig gemeubileer en ingerig. Die woonstel het 'n aangewese motorhuis wat gaste vir veilige parkeerplek kan gebruik. Die kompleks het verder ook gemeenskaplike braaigeriewe.

Die Strand is 'n kusdorp aan die oostelike rand van Valsbaai en aan die voet van die Hottentots-Hollandberge. Die hoofbesienswaardigheid is die strandfront wat uit 'n 5 kilometer lange sandstrand bestaan. Die hoofstrand, Melkbaai, staan as die Goue Myl bekend en is een van die beste en veiligste swemstrande in die land. Geriewe op of naby die strand sluit Waterworld met 'n waterwurm en mini-gholf, die Strand-gholfbaan, motorbootvaarte, seil, branderplankry en meer in. Die Strand het ook 'n Olimpiese binnenshuise swembad wat sentraal verhit is en heel jaar oop is. Die kus tussen die Lourensriviermond tot by Rooiels is gewild onder vissermanne en rotshengelaars.

Slaapplek

’n Bespreking by Jacomahof 21 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 18 resensies vir Jacomahof 21
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Kusweg, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jacomahof 21 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDlmZmNiYTMzLWI3YTQtNDc4MS1iZDFjLTFkM2ZjYTkyOWJiYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350  per nag, vir 4 mense 18 5 1 5 Beach Road Strand 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.104013907471 18.817512094975
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!