by Jamala Madikwe Royal Safari Lodge | LekkeSlaap
+79

Jamala Madikwe Royal Safari Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Via Molatedi Hek, Madikwe Wildreservaat, 2840, Noordwes
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R26 250 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Jamala Madikwe Royal Safari Lodge is in die Madikwe Wildreservaat geleë en kombineer 'n koloniale styl met Afrika-eksentrisiteit. Dié lodge bied besonderse aandag aan detail en gaste kan 'n intieme bosveld-ervaring hier geniet.

Die lodge bestaan uit 5 luukse Jamala Madikwe Villas wat die natuurlike landskap beklemtoon. Elke villa het lugversorging, 'n gemaklike koninggrootte-bed en 'n uitsig oor die grasvlaktes en watergat. Die badkamer het 'n instapstort, 'n bad, dubbelwasbak en 'n toilet, sowel as 'n aantrekkamer. Bad- en swemhanddoeke, sowel as toiletware word voorsien.

Elke villa het 'n eetarea en 'n knus sitarea met 'n kaggel. 'n Kroegyskassie en koffie- en teemaakgeriewe is ingesluit. Die stapeldeure bied toegang tot 'n houtdek met luukse buitegeriewe soos 'n privaat randvloeiswembad, buitestort en 'n sitarea met sonstoele.

Fantastiese diens, luukse akkommodasie en pragtige eetareas maak Jamala Madikwe Royal Safari Lodge onvergeetlik. Die hooflodge spog met 'n ruim gastesitkamer, kroeg, boma en 'n groot swembad met sonstoele wat gaste 'n pragtige uitsig oor die grasvlaktes bied.

Die lodge het 'n privaat watergat wat gaste die geleentheid bied om wild te sien. Madikwe Wildreservaat is bekend vir wildkyk, spesifiek vir besigtigings van die bedreigde Afrika wildehond.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Ligging

  • Via Molatedi Hek, Madikwe Wildreservaat, 2840, Noordwes
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Noordwes
Vanaf
Vanaf R26 250
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R26 250
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Via Molatedi Hek, Madikwe Wildreservaat, 2840, Noordwes
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0881ded079d358e6ba37471bebea45f6f5cfaa7d4349c65412c73d02f8d2ad531177bf1d35d44076c24c295ffa4c28d9f55d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R26 250  per nag, vir 2 mense Via Molatedi Gate Madikwe Game Reserve 2840 Noordwes 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -24.804033859939 26.404951420528
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem