Jameson Country Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jameson Country Cottages is langs die R509 so 10 km buite Magaliesburg geleë. Die naam van die blyplek is geïnspireer deur die Jameson-inval van 1895 wat naby die plaas plaasgevind het. Hier is lieflike wandelpaadjies en 'n staproete vir natuurliefhebbers. Bring jou fiets saam, want dis veilig om in die area te trap. Kinders kan gebruik maak van die speelpark naby die parkeerplek by die eiendom se ingang. Daar is 'n plek naby die plaas waar gaste kan perdry en lesse kan op versoek gereël word.

Die verblyf word in 6 pragtige selfsorg-eenhede aangebied. Elke eenheid het 'n koninggrootte-bed wat op versoek as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Elke eenheid het 'n Victoriaanse badkamer, sommige met 'n diep, luukse gietysterbad en almal beskik oor storte. Die kombuise het graniettoonbanke en elkeen is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond.

Alles in die kothuise het 'n plattelandse gevoel en die eenhede is met gehalte Oregon-dennehoutkaste, -tafels en rottangstoele ingerig. Sommige van die eenhede het kaggels, maar almal van hulle het hul eie patios met gietystermeubels en is om die swembad geposisioneer. Daar is oorgenoeg privaat parkeerplek en oorgenoeg plek om op die plaas rond te loop. Daar is ook geriewe om 'n klein groep mense vir 'n klein konferensie te akkommodeer.

Hoewel die eenhede almal selfsorgverblyf bied, is daar 'n hele rits plaaslike restaurante, hotelle en lodges in Magaliesburg wat smullekker maaltye bied. Ons beveel aan dat gaste vooraf bespreek hiervoor, siende dat Magaliesburg 'n gunsteling-bestemming onder stadsjapies van Johannesburg en Pretoria geword het.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jameson Country Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R780 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false