Jaqui's Garden Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 1 Aug 2019.

Beskrywing

Jacqui's Garden Guesthouse is in die hartjie van Kaapstad se groen, boomryke Suidelike Voorstede geleë. Die ligging is ideaal, net 5 minute se stap vanaf Claremont se Cavendish Square met al sy uitmuntende winkelsentrums, modieuse restaurante, flieks, banke en meer. Dis ook gerieflik naby die manjifieke Kirstenbosch Botaniese Tuine, die Child Fertility Clinic en die Kingsbury en Claremont Hospitale met hul verskeidenheid mediese spesialiste. Dit is reg langs die lieflike Vineyard Hotel wat ideaal is vir konferensies, troues of ander geleenthede.

Daar is 4 slaapkamers, elkeen met unieke sjarme. Elke kamer het baie gemaklike beddens, linne en sagte wit handdoeke in die en suite-badkamer. Die gastehuis is die ideale plek jou batterye te herlaai gedurende 'n vakansie of sakereis.

Vir sommige gaste bied dit die gastehuis geleentheid om stilte en privaatheid te geniet, terwyl die tuin en sitkamer vir ander lekker kuierplekke is. Die leefarea en eetkamer is die ideale plek om te ontspan of 'n vriend oor te nooi vir 'n vergadering. Jacqui's Garden Guesthouse se personeel is vriendelik en hoflik, en voorsien nuttige dienste, soos geleenthede na en van die lughawe af, toeriste-inligting en vermaaklikheidsvoorstelle.

Die gastehuis is 'n familiebesigheid en ons is almal hier om jou verblyf onvergeetlik te maak. Ligte etes kan op versoek in die tuin of in die eetkamer genuttig word, terwyl jy rustig uitkyk oor die pragtige Kaapse berge.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Frans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jaqui's Garden Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 R1 260 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 1 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za